Work

Nucleoid gene regulation in mycobacteria

Year: 2017
Type: dissertation
Abstract: OpsommingMycobacterium tuberkulosis, die organisme wat tuberkulose veroorsaak, bly steeds een van die hoofoorsake van dood in mense wêreldwyd.Die heersende tuberkulose epidemie en wanhopige behandelingsuitkomste van die siekte dra by tot die verskyning van antibiotika-weerstandige rasse asook nablywende infeksies.Dit is dus van belang om ons begrip van M. tuberkulose patogenese te verbeter om meer effektiewe anti-tuberkulose middels te ontwikkel.M. tuberkulosis ervaar vele nadelige streskondisies tydens infeksie soos uithongering in nutriënte, suurstof, stikstof en lae pH.Deur te verstaan hoe die patogeen aanpas in die gasheeromgewing is van belang om maniere te vind om die siekte te omseil.Konvensionele maniere om transkripsie response te ondersoek met behulp van "microarrays" en "ChIPseq" is beperk omdat net een proteïen op 'n slag ondersoek kan word.Alhoewel waardevolle inligting verkry kan word met hierdie benaderings, is verskeie reguleerders betrokke tydens stresaanpassing.Nuwe metodologiese benaderings word dus benodig om hierdie proteïene te identifiseer.As 'n voorbeeld, nukleoïed-geassosieerde proteïene (NAPs) is 'n groep transkripsie reguleerders wat die unieke vermoë het om die bakteriële chromosoom te vorm en is al gewys om 'n rol te speel in die stresrespons van mikobakterieë.Vanweë swak DNS-volgorde homologie met ander bakterieë en konvensionele metodieke is daar nog net sewe NAPS geïdentifiseer vir mikobaterieë in vergelyking met die twaalf NAPs in Escherichia coli.Die tegniek Nukleoproteïen -Massa Spektrometrie (NP-MS) kan proteïene betrokke in die chromosoomstruktuur, transkripsie en translasieprosesse identifiseer deur gebruik te maak van affiniteitsuiwering van formaldehied-kruisbindende RNA polimerase transkripsiekomplekse met behulp van massa spektrometrie.Hierdie benadering kan DNS-en RNS-geassosieerde proteïene sowel as verskeie proteïene betrokke in energie, koolstof, lipied en aminosuurmetabolisme identifiseer.NP-MS is dus effektief in die isolasie van proteïene betrokke in transkripsie en translasie, maar ook proteïene direk geassosieerd met die RNA polimerase kompleks en DNS.Die proteïene MSMEG_1060, MSMEG_2695, MSMEG_3754, MSMEG_4306 en MSMEG_5512 is geïdentifiseer as nukleïensuur-geassosieerde proteïene deur vergelykings te maak met gekonserveerde proteïendomeine en is onderworpe aan verdere navorsing.Episomale uitdrukking van hierdie proteïene as FLAG-gehegte fusieproteïene in Mycobacterium smegmatis wys dat MSMEG_1060, MSMEG_2695, MSMEG_4306 en MSMEG_5512 as vermeende DNSgeassosieerde proteïene optree terwyl geen DNS assosiasie gevind kon word vir die proteïen MSMEG_3754 nie.NP-MS kan toegepas word om verskille te ondersoek tussen DNS-geassosieerde proteïene in eksponensiële en stasionêre fases.'n Ondersoek in M. smegmatis kulture in stasionêre fase se proteïene wat bydra tot die RNA polimerase kompleks asook die geassosieerde proteïene wys dat NP-MS gebruik Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v kan word met groot effek om proteïene te identifiseer wat benodig mag word vir die aanpassing tot stres in die organisme.Dit sluit in die dormansierespons reguleerder DevR, die ribosoomhibernasie aanwakkerfaktor hpf, die hitteskokproteïen HspX en die universele stres proteïene MSMEG_3811, MSMEG_3945 en MSMEG_3950.Hierdie resultate toon die vermoë van 'n NP-MS metodiek om proteïene te identifiseer wat DNS struktuur, transkripsie en translasieveranderinge in M. smegmatis
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2902669638
Cites: 141
Cited by:
Related to: 10