The role of DNA methylation in the aetiology of anxiety proneness in a cohort of South African adolescents: an exploratory study
Year: 2017
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Angsversteurings beskryf 'n verskeidenheid van komplekse siektes wat gekenmerk word deur abnormale angs in die afwesigheid van angs uitdagende stimuli.Die etiologie van angsversteurings word toegeskryf aan die interaksie tussen genetiese-en omgewings faktore.Daarom is dit noodsaaklik om risiko faktore wat lei tot die ontwikkeling van volwasse angsversteurings te identifiseer.Angs geneigheid verteenwoordig een van hierdie sogenoemde risiko faktore.A gs ge eigheid ertee oordig a gs ersteuri gs endofenotipe wat in die huidige studie ondersoek word.Verskeie studies het voorheen hipotalamus-pituïtêre-adrenale siklus (HPA) verwante gene met die ontwikkeling van angsversteurings assosieer.Oor die algemeen, neem hierdie studies egter nie die bydrae van omgewings faktore in ag tydens analise nie.Epigenetika bied 'n metode om die interaksie tussen genetiese en omgewings faktore te bestudeer.DNS-metilering is 'n goed-bestudeerde epigenetiese modifikasie met die vermoë om geenuitdrukking te beïnvloed.Die huidige studie het ten doel om die rol wat genoom-wye veranderinge in DNS-metilering in die ontwikkeling van AP speel te ondersoek.Hierdie doel was bereik deur Suid-Afrikaanse tieners wat verskeie vlakke van trauma ervaar het tydens hul kinderjare, te ondersoek (N = 63).Die Illumina HumanMethylation450K BeadChip tegnologie is gebruik om genoom-wye DNS-metilering analise uit te voer op 46 individuele.Daarbenewens is die EpiTYPER MassARRAY tegnologie gebruik om selektiewe differensieël gemetileerde gene vanaf die aanvanklike ontleding te verifieer asook bykomende HPAverwante gene te analiseer.Verskeie differensieel gemetileerde gene was identifiseer voor statistiese korreksie vir veelvuldige toetsing.Die meerderheid hiervan besit toegeskrewe breinfunksies.Daarbenewens was 'n beduidende neiging in metilering ook waargeneem in die promotor streek van die serotonien karweier geen (SLC6A4).Ten slotte, dui die huidige studie op 'n moontlike rol vir die metilering van SLC6A4 in die ontwikkeling van AP in Suid-Afrikaanse tieners.Hierdie resultate moet egter herhaal word in 'n groter studie monster.
Author: Lyndon Zass
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Molecular Biology
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2908199989
