Work

Public sector knowledge management : alignment of the policy framework to the departmental knowledge purpose, processes and context

Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: Die tesis argumenteer vir 'n gebeurlikheidsbenadering om die belyning van kennisbestuursraamwerke in die openbare sektor met onderskeie regeringsdepartemente se kennisdoelwitte, prosesse en kontekse te verbeter.Die tesis is spesifiek gefokus op die aanvaarding en implementering van kennisbestuur in die Suid-Afrikaanse staatsdiens.Die studie gebruik Newell, et al. (2009) se teoretiese raamwerk oor belyning in kennisbestuur en Cruywagen, et al. (2008a, 2010b) se gebeurlikheidsraamwerk as basis vir die evaluering van die Suid-Afrikaanse regering se DPSA KM-strategie.Dit word gedoen deur Newell se argument oor die dimensies van kenniswerk uiteen te sit, waarna die toepaslikheid daarvan vir die staatsdienssektor beskryf word en die bruikbaarheid daarvan aantoon deur twee Suid-Afrikaanse regeringsdepartemente te beskryf in terme van hul KM-belyning.Daarna word die Suid-Afrikaanse regering se konsep DPSA KM-strategie raamwerk beskryf en geïnterpreteer om aan te toon dat dit 'n universele benadering tot kennisbestuur onderskryf.'n Vergelyking met drie internasionale kennisbestuursraamwerke toon dat ander lande (in hierdie geval die VSA, die VK en Kanada) 'n gebeurlikheidsbenadering volg waar regeringsdepartemente hulle eie kennisbestuursraamwerke opstel in ooreenstemming met hulle unieke en kenmerkende eienskappe.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2920193733
Cites: 80
Cited by: 5
Related to: 10