Work

Aqueous two-phase systems for the extraction of polyphenols from wine solid waste

Year: 2019
Type: dissertation
Abstract: Die Suid-Afrikaanse wynindustrie produseer groot hoeveelhede vastestofafval, wat oorbly nadat die wynmaakproses voltooi is.Hierdie vastestofafval geld vir omtrent 25% van die vars druiwe massa wat gebruik word om wyn te maak, en word pulp genoem.Die pulp sluit die dele van die druif in wat nie na wyn omgeskakel kan word nie: die dop, saad en stingels.Hierdie bevat waardevolle samestellings wat gebruik kan word vir byvoorbeeld neutraseutiese middels, en dus die valorisasie van die wynvastestofafval toelaat.Hierdie samestellings bevat polifenole.Polifenole is samestellings wat aromatiese ringe bevat met hidroksielgroepe, waarvan daar baie met interessante en bruikbare eienskappe is, soos om sterk anti-oksidant molekules te wees, en word daarom vir terapeutiese en kosmetiese doeleindes gesog.Polifenole is deur verskeie plantbronne geëkstraheer deur konvensionele ekstraksiemetodes te gebruik, soos ʼn oplosmiddelekstraksie wat of metanol-, etanol-of superkritiese CO2-ekstraksie gebruik.Hierdie oplosmiddels of prosesse is gereeld duur, en die hoë volumes wat benodig word, stoot die prosesseringkostes op.Alternatiewe metodes word dus benodig om meer kosteeffektiewe ekstraksieprosesse te verskaf, terwyl ʼn Groen Chemie-benadering op ekstraksie terselfdertyd geneem moet word deur ook die omgewingsimpak van die proses in ag te neem en die skadelike oplosmiddels wat gebruik word, te verminder.Een so ʼn alternatiewe ekstraksie is die gebruik van Waterige Twee-fase Sisteme (ATPS), wat gebruik is as ʼn alternatiewe proses vir biomolekulêre ekstrakies, insluitend polifenole.ATPS word deur twee onmengbare waterige oplossings saamgestel, dikwels uit poliëtileenglikol (PEG) en sout geskep.Twee fases vorm wanneer hierdie komponente binne spesifieke konsentrasies bind.Die biomolekules word geëkstraheer vanuit die plantmateriaal deur die ATPS te gebruik, en dan gekonsentreer na een fase van die ATPS.Baie verskillende PEG en sout kombinasies bestaan en is bestudeer in die literatuur, waar gekyk word na die fase gedrag sowel as die vermoë van die ATPS om die biomolekules te ekstraheer en konsentreer.In hierdie studie, is ATPS met PEG 6000, PEG 8000 en PEG 10 000 met kaliumnatriumtartraat bestudeer.In die eerste stel eksperimente, is daar na die fase gedrag gekyk, by verskillende temperature deur fase diagramme te konstrueer wat binodale kurwes en bindlyninformasie (wat die twee-fase streek definieer), bevat.Die binodale data is gepas met ʼn nie-liniêre model, wat
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3002081643
Cites: 123
Cited by:
Related to: 10