Factors influencing relapse in individuals with substance use disorders: views of social workers employed in treatment centres
Year: 2019
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Middelmisbruik is 'n wêreldwye probleem waar die pasiënte, gesinne, klinici en navorsers aansienlike kommer ondervind.Ten spyte van die verskillende behandelingstrategieë wat deur baie lande, insluitende Suid-Afrika, in plek gestel is, is terugval in misbruik die mees bekende uitkoms na behandeling vir middelmisbruiksversteurings (MMVs).Vorige werk oor die oorsake van terugval in misbruik in MMV het misluk om die sienings van maatskaplike werkers as behandelingspersoneel te verken, maar het meestal op die diensverbruikers en hul gesinne gefokus.Die doel van hierdie studie was dus om die sienings van maatskaplike werkers in behandelingsentrums te ondersoek rakende faktore wat terugval in misbruik in MMV beïnvloed.Maatskaplike werkers as behandelingspersoneel is gewoonlik die eerste kontakpunt met die diensverbruiker voor en na hulle terugval in misbruik, wat dus sin maak om hul standpunte te verken oor waarom diensverbruikers in hierdie bose kringloop van herstel en terugval in misbruik verstrik word.Die studie is kwalitatief van aard en 'n ondersoekende navorsingsontwerp is gebruik.Die resultate van die studie is gebaseer op 'n empiriese studie wat uitgevoer is met 20 maatskaplike werkers wat onderskeidelik in verskeie dwelmmisbruikbehandelingsentrums in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo betrokke was.Semi-gestruktureerde onderhoude is gebruik om data van die deelnemers te versamel deur middel van een-tot-een, asook telefoniese onderhoude.Tematiese data-analise is gebruik om die data te analiseer.Die bevindinge van die studie het aan die lig gebring dat 'n verskeidenheid faktore 'n rol speel in die bespoediging van terugval op die verskillende vlakke van die ekologiese sisteem.Dit is ook bevind dat daar groot gapings in die MMV behandelingsisteem in Suid-Afrika is wat verder die siklus van herstel en terugval beïnvloed.Daar is 'n nood vir addisionele publieke behandelingsfasiliteite en die toepassing van meer plaaslik gebaseerde behandelingsmetodologieë indien die kwessie van terugval direk aangespreek moet word.Aanbevelings van die studie sluit in dat diensverbruikers ingeskryf word vir vaardigheidsprogramme as deel van hulle behandeling om hulle in staat te stel om meer betekenisvol in herstel te leef.
Author: Nobuhle Ndou
Language: English
Subfield: Epidemiology
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3003388382
