From livestock to game farming : farmers understandings of land use changes, sustainable agriculture and biodiversity conservation in the Ubuntu Municipality, South Africa
Year: 2020
Type: dissertation
Abstract: Deur middel van 'n gevallestudie van kommersiële wildboerdery in die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die dorre Nama Karoo Bioom van die Noord-Kaap, het hierdie proefskrif drie hoofdoelstellings: eerstens, om die siening van kommersiële boere in die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit oor wildboerdery en dié se verhouding tot volhoubare landbou in hierdie streek te verstaan, insluitend die motiverings van diegene wat die oorskakeling van vee na wildboerdery doen; tweedens, om die standpunte van swart en opkomende boere na vore te bring, 'n verwaarloosde kiesafdeling in die debat oor die meriete van wildboerdery, en derdens om aan te spreek óf en hoe die neiging na wildboerdery in die Noord-Kaap kan bydra tot volhoubare grond-en landbouhervorming.My teoretiese raamwerk berus op politieke ekologie en begrippe van volhoubare ontwikkeling wat sosiale en ekonomiese geregtigheid as ononderhandelbare noodsaaklikhede beskou, tesame met respek vir planetêre grense.Die groei van wildboerdery in Suid-Afrika word onderskeidelik toegeskryf aan sosio-politieke, ekonomiese, klimaats en ekologiese redes.Daar is na raming 11,500 wildplase in Suid-Afrika wat, volgens Wildbedryf Suid-Afrika (2017), 20 miljoen hektaar marginale grond na produktiewe grond omgeskakel het.Ondanks wildboerdery se gerapporteerde sukses, word dit in Suid-Afrika betwis.Terwyl die voorstanders daarvan argumenteer dat boere wat oorskakel in lyn is met volhoubare landboupraktyke en die bevordering van die bewaring van biodiversiteit, meen kritici dat wildboerdery deur ander motiewe gedryf word, insluitend die ontwyking van grondhervorming deur die misgebruik van bewaring verhaaltrante.Dit is dus 'n belangrike taak om hierdie debatte te analiseer en te kontekstualiseer in 'n onderondersoekte gebied met 'n baie spesifieke geskiedenis en ekologie.In die aanspreking van hierdie kwessies het ek 'n gevallestudie-ontwerp gebruik wat 'n gemengde-metodesbenadering aangewend het om data in te samel.Metodes wat gebruik is sluit in 'n selfgeadministreerde opname van kommersiële boere in die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit, indiepte onderhoude met kommersiële en kleinboere, sowel as amptenare en ander sleutel informante, fokusgroep besprekings, waarnemings en dokumentêre analise.My belangrikste bevindings is, eerstens, dat die oorskakeling na wildboerdery in die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit hoofsaaklik aangespoor is deur ekonomiese faktore (toenemende produksiekoste, mark fluktuerings, ens.); nogtans, ekologiese oorwegings ten opsigte van die bestuur van droogte en klimaatsverandering en die uitputting van die natuurlike veld moedig boere aan om hul inkomste portefeuljes te diversifiseer.Tweedens, wildboerdery is nie meer
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Development
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDGs: Life on land, Zero hunger
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3040998363
