A culture of peace? Ethnic partitioning in Pakistan and the Turkish Republic of Northern Cyprus
Year: 2020
Type: dissertation
Abstract: Etniese partisie word beskou as 'n konflikbestuursmetode wat ten doel het om 'n mate van negatiewe vrede, wat omskryf word as die afwesigheid van geweld, te bewerkstellig.Hoewel negatiewe vrede 'n belangrike element van hedendaagse vredestudies is, is daar in onlangse dekades 'n nuwe waardering vir positiewe vrede, veral wat konflik-oplossingsteorie betref.'n Probleem kan geïdentifiseer word terwyl die letterkunde oor etniese partisie nagegaan word, betreffende die toepaslikheid daarvan as 'n konflik-oplossingsmetode, want die vernaamste aannames daaroor word hoofsaaklik gegrond op beginsels van negatiewe vrede.Die meeste van hierdie aannames word nie direk in verband gebring daarmee om waardes te kweek wat met positiewe vrede geassosieer word nie, wat tans as noodsaaklik beskou word om 'n vreedsame omgewing te handhaaf.Hierdie studie het daarom ten doel om die sukses van etniese partisie as 'n konflik-oplossingsmetode vas te stel, en dit sluit elemente van beide negatiewe en positiewe vrede in.In die loop daarvan het dit die mate bepaal waartoe etniese partisie in staat is om 'n volhoubare vredeskultuur te kweek.'n Navorsingsontwerp en -metodologie moet 'n deeglike beoordeling moontlik maak van die vermoë van etniese partisie om 'n volhoubare vredeskultuur in 'n verskeidenheid kontekste te kan kweek, aangesien dit tot 'n gevolgtrekking sal lei of etniese partisie 'n effektiewe konflikoplossingsmetode is.'n Vergelykendegeleding-gevallestudie is die beste metode vir hierdie beoordeling, aangesien dit gevallle van etniese partisie kan vergelyk met betrekking tot verskillende kulturele en identiteitsfaktore wat met 'n vredeskultuur verband hou.Om hierdie ontleding te struktureer is die gevalle van Pakistan en die Turkse Republiek van Noord-Ciprus (TRNC) vergelyk met die voorskrifte vir 'n vredeskultuur soos omskryf in die Verenigde Nasies se amptelike "Declaration and Programme of Action on a Culture of Peace" of meer spesifiek, De Rivera (2004) se kategorisering van hierdie voorskrifte en aanwysers in vier duidelike dimensies, naamlik liberale ontwikkeling, gewelddadige ongelykheid, geweld wat deur die regering gebruik, en koestering.Die twee gevalle is beoordeel op grond daarvan of hulle in elke dimensie aan die voorskrifte vir 'n vredeskultuur voldoen het.
Author: Samantha Jane Chance
Language: English
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
Funder: Universiteit Stellenbosch
OpenAlex ID: W3041263156
