Year: 2020
Type: dissertation
Abstract: I | P a g e OPSommiNG Een van die primêre faktore wat die doeltreffendheid van inligtingsekuriteit bepaal is die aanspreek van die risiko's wat met menslike akteurs verband hou.Dit word gewoonlik bewerkstellig deur die gebruik van sekuriteitsbeleide wat daarop gemik is om gebruikers se gedrag te bestuur, asook veiligheidsbewusmakingsprogramme wat ontwerp is om die kennis wat gebruikers het oor bedreigings, asook hul gedrag, te verbeter.Ongelukkig, alhoewel hierdie metodes dikwels inligtingsekuriteit risiko's verminder, het hulle sekere tekortkominge wat 'n invloed kan hê op hoe doeltreffend hulle is om hierdie risiko's aan te spreek.Bewusmakingsprogramme, byvoorbeeld, spreek nie noodwendig nuwe risiko's aan nie, terwyl beleide wat te streng is tot sekuriteitsmoegheid kan lei.'n Addisionele benadering is om Sosiale Netwerk Analise (SNA) te implementeer ten einde inligtingsekuriteitsrisiko's te identifiseer en te bestuur deur strukturele risiko's in die sosiale netwerke van organisasies aan te spreek.Hierdie sosiale netwerke beskryf die interaksies tussen mense, take en hulpbronne, en deur dit te ondersoek, kan verborge inligtingsekuriteit risiko's moontlik geïdentifiseer word.In hierdie studie word 'n raamwerk voorgestel wat daarop gemik is om SNA te gebruik om die inligtingsekuriteit risiko's wat in sosiale netwerke voorkom, te identifiseer.Die voorgestelde raamwerk bied ook 'n gestruktureerde benadering tot die ontwikkeling van risikobeperkende strategieë wat gebruik kan word om hierdie risiko's te verminder, asook om hierdie strategieë te implementeer.Ten einde 'n volledige raamwerk te ontwikkel, bied die studie ook 'n aantal metodes aan wat aangepas is vir gebruik met SNA.Hierdie nuwe toepassings sluit onder meer die implementering van self-organiserende kaarte in wat gebruik kan word om inligtingsekuriteit risiko's in 'n sosiale netwerk grafies te evalueer, en 'n aangepaste netwerkoptimiseringstegniek.'n Regte wêreld netwerk, gebou met behulp van data uit 'n korporatiewe risikoverslag, word saam met verskeie kleiner netwerke gebruik om die geldigheid en nut van die raamwerk te demonstreer.
Author: Rudi Serfontein
Institution: North-West University
Language: English
Subfield: Information Systems
Field: Computer Science
Domain: Physical Sciences
Keywords: social network analysis, information security risk management, human factors in information security, organizational social networks, risk mitigation strategies, security awareness programs, security policy, network centrality, network diameter, network clustering, network modularity, network motifs
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3042517837
