Landscape characteristics and honeybee colony integrity: A case study of Mwingi, eastern Kenya
Year: 2020
Type: dissertation
Abstract: Die heuningby (Apis mellifera) is 'n hoogs doeltrefende bestuiwer van gewasse en verskaf waardevolle ekosisteemdienste deur bestuiwing wêreld-wyd in diverse omgewings.Egter, heuningby populasies is aan die afneem as gevolg van fragmentasie, peste en siektes, en voedings tekorte, as sommige van die belangrikste faktore.As voortvloeisel hiervan word voedsel-sekuriteit en die lewensbestaan van plattelandse gemeenskappe bedreig.Daarom is die monitering van die tussenverbintenis van landskapfragmentasie, stuifmeeldiversiteit, heuningbypeste en heuningbykoloniesterkte 'n fundamentele komponent van hul bewaring en voorgesette ekositeemdienste.In Kenja, waar hierdie studie uitgevoer is, was daar nog nooit enige ondersoeke wat spesifiek hierdie verbintenisse aanspreek nie.Dit is hoofsaaklik as gevolg van die tot onlangse onbeskikbaarheid van vrylik bekombare, hoë-resolusie landskapfragementasiekaarte.Sodoende was die oorhoofse doel van hierdie studie om lanskapfragmentasie en om die uitwerking hiervan op heuningbykoloniesterkte, stuifmeeldiversiteit en proteïn-inhoud, en die voorkoms van die Varroa destructor myt, in 'n semi-dorre streek in die Oostelike deel van Kenja te kwantifiseer.Met behulp van Sentinel-1A SAR en Sentinel-2A optiese afstandswaarnemingstelsels, het die eerste deel van hierdie studie 'n ewekansige 'forest'-masjienleer algoritme gebruik om die fynskaalse en onderverteenwoordigde landskapselemente wat heuningbyhabitatte voor te stel in ses studiepersele (byekorf-staanplekke of 'apiaries'), spesifiek gekies op grond van hul verskillende landskapagteruitgangsvlakke.Die resultate het aangedui dat die versmelte SAR en optiese beelde die hoogste algehele akkuraatheid het vir die kartering van die ruimtelike eksplisiete heuningbyehabitatte.Hierna is fragmenteringsmetrieke afgelei van hierdie versmelte kombinasie, met betrekking tot landskapsamestelling en -konfigurasie binne 'n buffer-radius van 3 km van elke byekorf-staanplek.Landskapsfragmenteringsmetrieke afgelei van die versmelte SAR en optiese beelde is daarna gekoppel aan heuningbysterkte-parameters.Resultate van nul-opgeblase negatiewe binomiale regressie met gemengde effekte, het aangedui dat laer kompleksiteit van kol-geometrieë wat deur Fraktaledimensie voorgestel word, en die verminderde proporsies van gewaslande, die invloedrykste was op plaaslike voedingsbronne vanaf die byekorwe (1 km), terwyl hoër verhoudings in houtagtige plantegroei en heinings in hoër koloniesterkte op langer afstande vanaf die byekorwe (2,5 km) tot gevolg gehad het.Boonop het heuningbye in matig-agteruitgaande-landskappe die mees bestendigste sterk kolonies gedurende die studietydperk gehaad.
Author: Pamela Ochungo
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Insect Science
Domain: Life Sciences
SDGs: Life on land, Zero hunger
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3135567820
