Work

Meddling by consent? Brazil’s strategy of democracy promotion through UNASUR

Year: 2020
Type: dissertation
Abstract: Hierdie tesis spreek die gaping in die literatuur aan met betrekking tot demokrasie-bevordering deur streeksmagte in streeksorganisasies in die Globale Suide.Hierdie tesis fokus op Brasilië as 'n streeksmag en analiseer dié land se demokrasie-bevorderingstrategie in UNASUR -die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies.Die studie is gebaseer op 'n ingebedde, enkele gevallestudie-ontwerp en evalueer Brasilië se bereidwilligheid en kapasiteit om demokrasie te bevorder in drie gevalle van demokratiese ontwrigting.Daardeur toon die studie die sterk-en swakpunte van Brasilië se leierskapstrategie in die konteks van UNASUR tydens drie administrasies aan (Lula da Silva, Dilma Rousseff, and Michel Temer).Brasilië se status as streeksmag in Suid-Amerika, die land se belang in stabiliteit in die streek, en sy deurslaggewende rol in die skepping van UNASUR, asook dié organisasie se demokrasiebevorderingsraamwerk, kontrasteer met Brasilië se leierskapsoptrede binne UNASUR se demokrasie-bevorderingsaktiwiteite in Bolivië, Paraguay en Venezuela.UNASUR se demokrasie-bevordering tydens Bolivië se grondwetlike krisis (2008) is as 'n sukses beskou, die sanksie van die beskuldigingsproses van die president van Paraguay (2008) het gemengde reaksie ontlok vanaf ontleders en politici, en pogings om Venezuela se politieke en humanitêre krisis (2013-) op te los is as 'n mislukking beskou.As gevolg van Brasilië se rol as die enkele streeksmag binne 'n streeksorganisaie met 'n multilaterale struktuur, word UNASUR se gemengde rekord geassosieer met Brasilië se (gebrek aan) leierskap.Gebaseer op die sentrale teoretiese konsep van konsensuele hegemonie (Burges, 2008), word daar geargumenteer dat Brasilë se leierskapstrategie op konsensus skepping berus.UNASUR het die nodige institutionele mantel verskaf vir Brasilië se konsensuele hegemonie, waardeur Brasilië gesamentlike aksies vir demokrasie-bevordering in die streek kon fasiliteer.Konsensuele hegemonie het die geleentheid vir 'n lae-koste leierskapstrategie gebied.'n Suksesvolle konsensuele hegemoniese strategie berus egter op ten minste twee uit drie voorvereistes: die aantreklikheid van die streeksmag se visie (plaaslike faktor), die gebrek aan kompetisie vir streeksleierskap en 'n relatiewe homogene ideologiese streeksomgewing (streeksfaktor), en die afwesigheid van ingryping deur eksterne akteurs (internasionale faktor).Die variasie in Brasilië se kapasiteit vir leierskap in demokrasie-bevordering kan dus verklaar word deur die vlak van Brasilië se binnelandse ekonomiese en politiese mag, die vlak van
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3135892579
Cites: 290
Cited by: 2
Related to: 10