Exploration of parental reflective function and mother-child interaction in a South African sample of women with peri- and postpartum psychosis
Year: 2020
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Ernstige geestesongesteldheid in die peripartum periode mag 'n beduidende en nadelige uitwerking op versorging deur die moeder en die binding tussen 'n moeder en haar baba uitoefen.Die ervaring van psigose tydens swangerskap of die postpartum periode kan verder bydra tot die ontwikkeling van bindingsprobleme en swak uitkomste.Bindingsteorie ("Attachment theory") is gebruik as 'n leidende raamwerk om die ervaring en impak van peripartum-psigose op die moeder-baba diade te ondersoek.Babas van moeders met psigose loop die risiko om onseker of gedisorganiseerde bindingstyle te ontwikkel.Moeders met psigotiese steurnisse is geneig om gebrekkige sensitiwiteit en responsiwiteit in hul interaksie met hul babas te toon.Ouerlike reflektiewe funksionering (ORF) is die vermoë om 'n mens se eie geestestoestande, sowel as dié van jou kind, in gedagte te kan hou.Gebrekkige ORF kan 'n potensiële meganisme wees wat aanleiding gee tot gebrekkige binding en swak kwaliteit van moeder-baba interaksie.Peripartum-psigose mag 'n risiko verteenwoordig vir die moeder-baba diade as gevolg van die aard van simptome, asook die nodigheid vir psigiatriese toelating en skeiding tussen ma en baba.Suid-Afrikaanse studies van moederlike psigopatologie en die invloed daarvan op babas, plaas die fokus op moeders met depressie of trauma.Na ons wete is daar tot dusver geen studies oor die impak van moeders se psigose op ouerskap in Suid-Afrika nie.Daar is beperkte studies wat ORF in Suid-Afrika ondersoek, maar geen studies wat spesifiek fokus op hoe hierdie kapasiteit versorgingsgedrag van moeders met psigose in die peripartum beïnvloed nie.Hierdie studie het ten doel gehad om die ORF en die kwaliteit van moeder-baba interaksie te ondersoek in 'n steekproef moeders met peripartum-psigose.Ons hipoteses was dat ervarings van peripartum-psigose geassosieër sal wees met 1) laer ORF en 2) swakker kwaliteit van moeder-baba interaksie.'n Verdere hipotese was dat 3) inperkings in ORF gepaard sal gaan met verswakte moederbaba interaksie.Metodes: Die studie het 'n verkennende, kwantitatiewe en beskrywende ontwerp gevolg.Veertig moeders met hoofsaaklik bipolêre steurnis of skisofrenie, wat ervarings van psigose tydens swangerskap of vroeë postpartum beleef het, is gewerf om hul vlak van ORF en kwaliteit van interaksie met hul babas te bepaal.'n Gedetailleerde onderhoud is gevoer om relevante agtergrond-inligting te bekom.ORF is Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za gekodeer vanaf die "Parent Development Interview" en die kwaliteit van interaksie is geassesseer op grond van 'n ongestruktureerde spel-interaksie tussen moeder en baba.Twee-steekproef t-toetse is uitgevoer om te bepaal of ORF en moeder-baba interaksie beïnvloed was deur demografiese, kliniese, swangerskap of postpartum veranderlikes.Pearson se korrelasiekoëffisiënte is bereken vir korrelasies tussen ORF en interaksieveranderlikes. Resultate: Psigososiale risikofaktore was algemeen waarneembaar onder hierdie groep moeders wat peripartumpsigose ondervind het.'n Groot aantal gevalle van onbeplande swangerskap en van moederlike middelgebruik tydens swangerskap is ook waargeneem.Die meerderheid moeders het 'n psigiatriese hospitaal-toelating gehad wat vroeë skeiding van hul babas genoodsaak het.Die oorgrote meerderheid moeders (65.00%) se ORF was laer as gemiddeld (Gemiddeld = 4.10).Hierdie kapasiteit was egter nie by alle moeders met peripartum-psigose ingeperk nie.Die meerderheid moeders (75.00%) het die potensiaal vir voldoende tot komplekse ORF getoon.Diades het gemiddelde tellings behaal vir algehele kwaliteit van interaksie, sensitiwiteit van die moeder en sosiale betrokkenheid van babas, en het lae tellings behaal wat betref diadiese wederkerigheid.Dit blyk dat hierdie bevindings ons hipoteses ondersteun dat moeders se ervaring van peripartum-psigose geassosieër sal wees met swakker ORF en die kwaliteit van moeder-baba interaksie sal hê.Sosio-demografiese risikofaktore en faktore wat verband hou met swangerskap en postpartum-ervaringe het ORF en die kwaliteit van moeder-baba interaksie beïnvloed.Daar was 'n lae positiewe korrelasie tussen ORF en die kwaliteit van interaksie (r = .40),wat swakker was as wat ons aanvanklike hipotese was.Gevolgtrekkings: Vir die meeste moeders het peripartum-psigose 'n assosiasie met laer ORF en swakker moeder-baba interaksie gehad.Moeders met ervarings van peripartum-psigose kan baatvind by intervensies wat gerig is op ORF sowel as die kwaliteit van moeder-baba interaksie.Daarbenewens word die voorsiening van gesamentlike opnames en pro-aktiewe psigo-opvoeding oor swangerskap beplanning en middelgebruik aanbeveel.
Author: Juanè Voges
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3136076364
