Work

Superparamagnetic nanoparticles for synthesis and purification of polymers prepared via controlled/"living" radical polymerization (CLRP)

Year: 2010
Type: dissertation
Abstract: Lewende polimeerkettings, berei deur middel van RAFT-beheerde polimerisasie en NMP reaksies waarin Z-karboksilaat en Z-fosfaat RAFT-verbindings en 'n X-fosfaat NMP afsetter gebruik is, is geheg aan die oppervlaktes van magnetisenanopartikels (MNPs), en gebruik vir die skeiding van dooie kettings wat tydens die RAFT en NMP reaksies gevorm is.Alle lewende kettings wat aan die oppervlakte van die MNPs geheg is, is geskei van die oorblywende polimeeroplossing deur die aanwending van ‗n eksterne magnetise veld.Alle kettings wat selektief aan die oppervlaktes van die MNPs gekoppel is met RAFT of NMP funksionaliteit, het ‗n laë poliverspreidingswaarde (PDI) gehad en kon heraktiveer word om ‗n nuwe polimeerverlengings of blokkopolimere te vorm met geen merkbare afwyking van 100% doeltreffendheid nie.RAFT-kettings wat gedurende RAFT-polimerisasie met 'n Z-karboksilaat RAFT-agent en oormaat vrye-radikaalafsetter berei is, is ook geheg aan die oppervlaktes van MNPs en geskei in die teenwoordigheid van 'n eksterne magnetiese veld.Die geskeide RAFTfunksionele kettings het geen dooie kettings bevat nie (gevorm deur kombinasie reaksies), maar 'n aansienlike hoeveelheid ongekontroleerde hoë molekulêremassa polimeer (met lae UV absorpsie by 320 nm).Die kruis-beëindiging van die intermediêre radikaal wat gevorm is tydens die RAFTproses is ondersoek in die monomeer-uitsluitende vrye-radikaalreaksiemodel van polistirielbensiel-4-karboksielditiobensoaat en polistirieletiel-2-bromoisobutiraat.Die Zkarboksilaat 3-en 4-arm sterpolimere (gevorm a.g.v.kruis-terminasiereaksies) is effektief geheg aan die oppervlaktes van MNPs en geskei van die res van die polimeeroplossing, en daarna gekarakteriseer met behulp van 1 H en 13 C KMR, en MALDI-ToF-MS.Lewende kettings, berei m.b.v.RAFT miniemulsiepolimerisasies met 'n Z-karboksilaat RAFT-agent, is geheg aan die oppervlaktes van MNPs en gebruik vir die skeiding van alle dooie kettings en sekondêre partikels wat tydens die reaksie voor die aanhegting gevorm het.Die geskeide dooie kettings wat agtergebly het, het 'n wye PDI getoon en het 'n aansienlike hoeveelheid ongekontroleerde hoë molekulêremassa polimeer, met geen RAFT-funksionaliteit nie, bevat.Afsetterafkomstigekettings wat gevorm is tydens die RAFT polimerisasiereaksies van stireen (St) en metielmetakrilaat (MMA) met 'n fosfaat-vrye vrye-radikaalafsetter is selektief geheg aan die oppervlaktes van MNPs en geskei van R-groep-afkomstige polimeerkettings in die teenwoordigheid van 'n eksterne magnetise veld.Alle geskeide afsetter-afkomstige kettings het 'n groot hoeveelheid dooie kettings gehad (met swak UV absorpsie) en met geen RAFTv funksionalilteit nie, en klein fraksies van RAFT-polimeerkettings.Die geskeide afsetterafkomstige kettings het hoër PDI waardes gehad as die ('as-prepared') polimeer in die polimerisasie van St, maar laer PDI waardes as die ('as-prepared') polimeer in die polimerisasie van MMA.RAFT-verbindings wat aan die oppervlaktes van die MNPs geheg is deur middel van die Z-groep is as bemiddellingsagente (Eng: mediating agents) gebruik vir die sintese van polimere wat geënt is aan die oppervlakte aan MNPs.Die polimere wat aan die oppervlakte van die MNPs geënt is is geskei van die res van die polimeeroplossing deur die aanwending van ‗n eksterne magnetise veld.Die hoeveelhede van die polimere wat aan die oppervlaktes van die MNPs geënt is het sterk toegeneem namate die aantal RAFT-agente wat aan die oppervlaktes van MNPs geheg is afgeneem het.Wanneer etielasetaat as oplosmiddel gebruik is, was die waardes 55% m.b.t.gewig en 45% m.b.t.die aantal kettings.Die geskeide polimere wat aan die oppervlaktes van MNPs geënt is het hoë PDI getoon en het RAFT-funksionaliteit bevat.Die kinetika van die RAFT-beheerde polimerisasiereaksies van St, wat gebruik maak van ‗n RAFT-agent wat aan die oppervlakte van die MNPs geheg is deur middel van die Z-groep, is ook ondersoek.Die tempo van polimerisasie was vinniger in die geval waarin die RAFT-agent geheg is deur sy Z-groep aan die oppervlakte van die MNPs as die reaksie met 'n RAFT agent met 'n vrye Z-groep.Die molekulêremassas van die entpolimere het liniêr toegeneem met omsetting, en die reaksie was pseudo-eerste-orde.vi Dedication This dissertation is dedicated to the following people: To my parents who provided their financial and inspiration support during my graduate studies.To my wife and children who shared with me equally all the emotional and financial support involved.To my sisters
Language: English
Field: Chemistry
Open Access status: green
OpenAlex ID: W315397705
Cites: 162
Cited by: 5
Related to: 10