Teachers identifying and responding to learner errors and misconceptions in numbers, operations and relationships in the intermediate phase
Year: 2021
Type: dissertation
Abstract: The purpose of this study was to investigate the ways in which Intermediate Phase (Grades 4, 5 and 6) teachers identify and respond to learners' mathematical errors and misconceptions in the content area of Numbers, Operations and Relationships (NOR) as prescribed by the Curriculum and Assessment Policy Statement CAPS (Department of Basic Education [DBE], 2011).It is evident that errors and misconceptions arise when learners are learning specific aspects of mathematics.The ability to distinguish between, and address, errors and misconceptions is key to learning and improving learners' mathematical achievements within the mainstream class context.The identification of these errors and misconceptions is important for teachers, as this offers them the Opsomming Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na wyses waarop onderwysers in die Intermediêre Fase (Graad 4, 5 en 6) leerders se wiskundige foute in en wanopvattings oor die inhoudsarea van getalle, bewerkings en verwantskappe, soos voorgeskryf deur die Kurrikulum-en assesseringsbeleidsverklaring (KABV, 2011), identifiseer en wat die onderwysers se reaksie op hierdie kwessies is.Dit is duidelik dat foute en wanopvattings by leerders ontstaan tydens die onderrig van wiskunde.Die vermoë om te onderskei tussen foute en wanopvattings en die aanspreek van hierdie kwessies, is belangrik vir leer en vir die verbetering van leerders se wiskundeprestasies binne die konteks van 'n hoofstroomklas.Die identifisering van hierdie foute en wanopvattings is beduidend belangrik vir onderwysers, aangesien dit hulle die geleentheid bied om hul onderwysstyl en lesse sodoende aan te pas dat die geïdentifiseerde dilemmas uitgeskakel kan word.. Hierdie studie fokus spesifiek op die wyses waarop onderwysers die uitdagings identifiseer wat leerders ondervind rondom getalbegrip, bewerkings en verwantskappe.Tydens die ondersoek is navorsing gedoen en ondersoek is ingestel na geskikte metodes vir die remediëring van daardie foute en wanopvattings.Hierdie metodes sluit hersieningstrategieë in waar leerders kognitiewe konflik gebruik om die wiskundige en/of kognitiewe aard van die foute uit te lig en aan te spreek.'n Kwalitatiewe benadering is oor drie siklusse van Deelnemende Aksienavorsing (DAN) gevolg.Die empiriese data is ingewin deur die aanwending van 'n verskeidenheid van dataversamelingstegnieke.Dit sluit in persoonlike onderhoude, klaswaarnemings, fokusgroepe en veldnotas.Data oor hierdietegnieke is ontleed en daar is bevind dat wanneer onderwysers aandag skenk aan leerderfoute en hul redenasie oor die foute, hulle wanopvattings kon identifiseer en dit gevolglik kon aanspreek.
Author: Beryl Elizabeth Bowers
Language: English
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3162811247
