Work

The rise of killer robots: The impact on Autonomous Weapon Systems (AWS) on the United States’ Nuclear Deterrence

Year: 2021
Type: dissertation
Abstract: Technology is playing a major role in changing how states conduct warfare and much research is being focused on this.This is a broad area of study and the present research will address only one aspect of it, which is the impact of Artificial Intelligence (AI)-enabled autonomous weapon systems on a state's nuclear deterrence.More specifically, this research's main aim is to study how the rise of autonomous weapon systems could affect the US's 'second-strike' capability.This term refers to the ability of a state to strike back in response to a first attack.The US's nuclear deterrence could be affected in two primary ways.First, it could be affected practically, in that Autonomous Weapon Systems may effectively limit the US's ability to strike back. OpsommingTegnologie speel 'n belangrike rol in hoe lande se metodes van oorlogvoering verander, en baie navorsing word tans daaroor gedoen.Dit is 'n wye studieveld waarvan hierdie navorsing net een aspek sal ondersoek, naamlik die invloed wat kunsmatige-intelligensie(KI)-gedrewe outonome wapenstelsels op lande se vermoë tot kernafskrikking kan hê.Die primêre doel van hierdie navorsing is dan spesifiek om te kyk hoe die opkoms van outonome wapenstelsels die VSA se vermoë tot 'n tweede slaanaanval kan beïnvloed.Dié term verwys na die vermoë van 'n land om terug te slaan in reaksie op 'n eerste aanval.Die VSA se kernafskrikking kan hoofsaaklik op twee maniere geaffekteer word.Eerstens kan dit prakties geaffekteer word deurdat outonome wapenstelsels die VSA se terugslaanvermoë doeltreffend kan inperk.Tweedens kan die VSA se persepsie van hul vermoë om tweede slaanaanvalle te loods geaffekteer word.Hulle kan naamlik vrees dat hul vermoë om terug te slaan deur outonome wapenstelsels ingeperk kan word, maar die vermoë van sodanige stelsels hoef nie noodwendig werklik te wees om die persepsie te laat ontstaan nie.Omdat persepsie 'n sentrale aanname in kernafskrikking is, moet die VSA bloot bewus wees van die moontlikheid dat hul vermoë tot 'n tweede slaanaanval bedreig kan word om onveilig te voel.Die sekondêre doel was om te kyk of die ondermyning van die VSA se kernafskrikking sou lei tot 'n potensiële ontwrigting in strategiese stabiliteit.Strategiese stabiliteit word gebou op die aanname dat lande in staat is om mekaar suksesvol af te skrik.Om hierdie vermoë te ondermyn sou kon lei tot wêreldwye onstabiliteit.Die navorsing word verder gekontekstualiseer deur te kyk na President Trump en die rol van identiteitspolitiek om sodoende te probeer begryp waarom die VSA volhardend bly streef na die gebruik van KI-gedrewe outonome wapenstelsels, en of Trump se populistiese politiek dalk 'n verklaring hiervoor kan bied.Die kontekstualisering het dit ook moontlik gemaak vir die navorsing om Kaldor se nuweoorlogshipotese beter te kan gebruik.Die rede vir die ondersoek in hierdie veld is omdat kunsmatige intelligensie 'n groot en ongekende potensiaal het om alle aspekte van oorlogvoering te affekteer.Dit is dus nodig om te begryp hoe sodanige tegnologie kernafskrikking kan beïnvloed wat die hoeksteen van die VSA se nasionale strategiese veiligheidsbeleid vorm.Kernafskrikking het sedert die Koue Oorlog 'n sentrale rol gespeel in die VSA se pantser teen potensiële aanvallers.Dit speel vandag steeds 'n rol wat in die afsienbare toekoms waarskynlik sal voortduur.Met kernwapens wat reg oor die wêreld meer prominent raak, is daar 'n toenemende behoefte om te begryp hoe outonome wapenstelsels hulle moontlik kan affekteer.Hierdie navorsing maak gebruik
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3163317959
Cites: 61
Cited by: 1
Related to: 10