Work

Taalgesindheid teenoor Afrikaans : ’n gevallestudie onder Afrikaanse Taalverwerwing 188-studente

Year: 2021
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Hierdie studie ondersoek die taalgesindheid van Afrikaanse Taalverwerwing 188 1 -studente teenoor Afrikaans.Die taalgesindheid van taalaanleerders is van kardinale belang om suksesvolle taalverwerwing te verseker.In dié studie is dit belangrik om die onderskeid tussen taalgesindheid en taalhouding te verstaan.Taalgesindheid in hierdie studie dui op die persoonlike opinie van die deelnemers oor Afrikaans, wat dien as motivering en dryfveer vir die aanleer van Afrikaans.Taalhouding, daarenteen, is net die denkwyse/standpunt wat 'n student/spreker ten opsigte van 'n taal het, terwyl die woord "gesindheid" ook 'n student/spreker se emosionele reaksie op 'n taal insluit.Deur taalgesindhede te ondersoek word die diepliggende oortuiging van individue teenoor 'n spesifieke taal geopenbaar, en so ook die taalervaring van taalaanleerders.Die oorkoepelende navorsingsvraag van die tesis is: Wat is die gesindheid van Afrikaanse Taalverwerwing 188-studente teenoor Afrikaans?Die vraag word aan die hand van enkele subvrae ondersoek: Watter impak het die studente se gesindheid teenoor Afrikaans op die aanleer van Afrikaans?Watter faktore het tot hierdie taalgesindheid bygedra?Is die studente wat positief teenoor Afrikaans voel, meer geneig om dit buite die lesinglokaal te gebruik as dié wat minder positief voel?Op watter maniere kan die dosent/tutors positiewe veranderinge in die klas aanbring of aanpassings in hulle lesings maak om 'n positiewe gesindheid teenoor Afrikaans as taal en as vak te bevorder?Die studie is binne die volgende teoretiese raamwerke onderneem: die taalgesindheidsteorieë
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3166960534
Cites: 52
Cited by: 6
Related to: 10