Work

The role of non-cognitive skills in educational production in South Africa

Year: 2021
Type: dissertation
Abstract: Die internasionale ekonomie van onderwys het tot dusver min aandag gegee aan die rol van niekognitiewe vaardighede in die bereiking van leeruitkomstes in lae-en middelinkomste lande.Dit vorm 'n opvallende leemte in ons kennis van hoe leeruitkomstes bepaal word in lae-en middelinkomste lande, gegewe die sentraliteit van nie-kognitiewe vaardighede tot huidige navorsings-en beleidsdebatte in hoëinkomste lande.Hierdie proefskrif beoog om daardie leemte aan te spreek deur die verhouding tussen nie-kognitiewe vaardighede en leeruitkomstes in Suid-Afrika te ondersoek.Die proefskrif begin deur die studie van nie-kognitiewe vaardighede binne die ekonomie van onderwys te kontekstualiseer.'n Motivering word verskaf vir die belangrikheid van die bestudering van hierdie vaardighede binne die Suid-Afrikaanse konteks.Data van PIRLS en TIMSS word in Hoofstuk 2 gebruik om te bepaal watter faktore verband hou met uitsonderlike prestasie in gelettertheid en wiskunde.Daar word bevind -in ooreenstemming met internasionale literatuur -dat nie-kognitiewe vaardighede sterk verband hou met die waarskynlikheid dat 'n leerder uitsonderlik presteer.Hoofstuk 3 maak gebruik van leesprestasiedata uit 'n plaaslike studie genaamd "Leadership for Literacy" om moontlike interaksie-effekte tussen skoolfunksionaliteit en deursettingsvermoë te bestudeer.Die ekonometriese analise wys na variasie in die verband tussen deursettingsvermoë en leesprestasie in skole met verskillende vlakke van funksionaliteit, met 'n sterker verband by leerders in meer funksionele skole.Hierdie resultate verskaf empiriese ondersteuning vir die hipotese dat skooleienskappe en nie-kognitiewe vaardighede op mekaar inwerk om leeruitkomstes te bepaal, 'n verband wat tans min aandag geniet in die internasionale literatuur oor nie-kognitiewe vaardighede in die produksie van leeruitkomstes.'n Natuurlike uitbreiding van die resultate van Hoofstukke 2 en 3 is om te ondersoek tot watter mate geslagsverskille in nie-kognitiewe vaardighede bydra tot geslagsverskille in leeruitkomstes in Suid-Afrika.Hoofstuk 4 handel oor hierdie kwessie.PIRLS en TIMSS data word weer gebruik om leerderprestasie te modelleer.Die Oaxaca-Blinder ontledingsanalise word gebruik om te bepaal watter proporsie van dogters se voordeel in terme van skoolprestasie verduidelik kan word met verwysing na geslagsverskille in waarneembare eienskappe, met 'n spesifieke fokus op die bydrae van geslagsverskille in nie-kognitiewe vaardighede.Die analise in hierdie hoofstuk dui daarop dat 'n fokus op nie-kognitiewe vaardighede ons kan help om sekere kenmerke van die Suid-Afrikaanse leeruitkomslandskap beter te verstaan -soos waarom dogters beter doen as seuns.Die gevolgtrekking is dat nie-kognitiewe vaardighede na alle waarskynlikheid 'n belangrike faktor is in die bereiking van leeruitkomstes, selfs in kontekste van ernstige hulpbronontneming wat 'n groot deel van Suid-Afrika se onderwysstelsel karaktiseer.Hierdie gevolgtrekking maak 'n belangrike bydrae
Language: English
Subfield: Education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3170362832
Cites: 162
Cited by: 1
Related to: 10