Filosofies-opvoedkundige perspektief op omgewingsopvoeding met spesiale verwysing na omgewingsgesonde gedrag en volhoubare ontwikkeling
Year: 1997
Type: dissertation
Abstract: Die voorbestaan van die mensdom is nou verweef met die toestand waarin die omgewing verkeer. Menslike aktiwiteite het 'n groot impak op die omgewing, terwyl die omgewing weer die mens se lewensgehalte bepaal. Hierdie studie is dan daarop gemik om deur omgewingsopvoeding, die mens te lei tot omgewingsgesonde gedrag met die oog op volhoubare ontwikkeling. Ten einde hierin te slaag, word die verskillende omgewingsprobleme en die redes daarvoor eers uitgeklaar. Daarna word die faktore wat tot omgewingsagteruitgang kan lei, ondersoek. Hieruit blyk duidelik <lat die wereld en die RSA, in die toekoms digter bevolk, meer besoedel, ekologies minder stabiel en daarom meer gevoelig vir natuurrampe gaan word. Soos uit die proefskrif sal blyk kan omgewingsopvoeding 'n positiewe bydrae tot bierdie omgewingsprobleme lewer. Om daarby uit te kom word daar dus eers 'n kort bistoriese oorsig van omgewingsopvoeding gegee. Die rol en bydrae wat enkele internasionale organisasies tot omgewingsbewustheid gelewer het, word ondersoek. Daar word 'n oorsig gegee van verwikkelinge in die RSA en die invloed van die Aardeberaad op omgewingsopvoeding in die RSA, word ontleed. Ten einde outentieke omgewingsopvoeding te vergestalt word aanvaar <lat die mens met sy geboorte in 'n wereld gewerp word waaraan hy slegs met sy dood kan ontsnap. In hierdie gesitueerdheid in die wereld as leefnrimte, moet hy sin aan sy bestaan gee, terwyl hy ook 'n poging moet aanwend om die omgewing te verbeter, as voorsorg vir die oorlewing van toekomstige geslagte. Met inagneming van die opvoedings- en omgewingsrelasie waarin die mens tot sy omgewing staan, word die essensiele kenmerke van omgewingsopvoeding blootgele, ten einde moontlikheidsvoorwaardes te stel vir outentieke omgewingsopvoeding. Besondere Idem word gele op omgewingsgedrag wat volhoubaarheid nastreef. Dit alles kulmineer in omgewingsgesonde gedrag wat as oorkoepelende doelstelling vir omgewingsopvoeding gestel word. Omdat die mens se gedrag teenoor die omgewing bepaal word deur sy omgewingsetiek, word drie verskillende benaderings tot omgewingsetiek onderskei. Klem word gele op die noodsaak van omgewingsgeletterdheid. Ten einde die mens se optrede teenoor die omgewing te probeer verstaan, word drie omgewingsgedragstyle ontleed. Twee wetenskaplike aardgenese-hipoteses word beskryf vir verdere duidelikheid oor omgewingsgedrag. Aan die einde van die studie, word enkele beginsels gestel wat kan lei tot die ontwikkeling van omgewingsgesonde gedrag met die oog op volhoubare voortbestaan.
Author: Du Toit
Institution: University of South Africa
Language: Dutch
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Keywords: environmental education, sustainable development, philosophy of education, environmental problems, environmental degradation, United Nations, Rio Earth Summit, environmental awareness, environmental education curriculum, environmental ethics, environmental sociology, environmental anthropology, environmental history, environmental law, environmental policy, environmental protection, environmental education in schools, environmental education in higher education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W339510896
