Work

Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse : geesteswetenskappe

Year: 2013
Type: article
Study design: Observational Study
Abstract: Leesreekse is die bekendste leesmateriaal wat in die klaskamer gebruik word om leesonderrig te ondersteun. Die keuse van geskikte leesreekse is egter problematies, omdat daar 'n gebrek aan wetenskaplik-begronde maatstawwe is aan die hand waarvan onderwysers leesreekse se waarde kan bepaal. Die behoefte aan sulke maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse het aanleiding gegee tot die studie waarop hierdie artikel gebaseer is. Die betrokke ondersoek was verkennend van aard, met die doel om wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse vas te stel. Literatuur oor lees en leesreekse deur plaaslike en internasionale kenners is bestudeer. 'n Gevallestudie is onderneem waaraan onderwysers uit verskillende sosio-ekonomiese gebiede deelgeneem het. Waarnemingsnotas van studente in die Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase-program van die Universiteit van Pretoria is gebruik om die data aan te vul. Die ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal. Hierdie maatstawwe is ook nog bruikbaar in die konteks van die nuwe Nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV/CAPS).
Language: Afrikaans
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W42078265
FWCI:
Cites: 24
Cited by: 2
Related to: 9