Assessment and monitoring of rehabilitation efforts by analysis of soil microbial communities as biological indicators of sustainability
Year: 2005
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMING Wegdoening van soliede afvalmateriaal gegenereer deur mynbou aktiwiteite kan ernstige omgewingsversteuring ten opsigte van grondkwaliteit.Wetgewing wereldwyd, asook in Suid Afrika, verplig mynmaatskappye om hierdie versteurde gebiede tot volhoubare status ekologies te rehabiliteer.Rehabilitasie van hierdie afvalmateriaal by Finsch myn (De Beers) behels die gebruik van organiese materiaal (vermi kompos), chemiese behandeling en grassaadmengsels.Optimum hoeveelhede chemiese toevoegings is vasgestel deur eksperimentele proewe voor die uitleg van die huidige veld proewe by die myn.Die doel van hierdie studie was om die rehabilitasie te evalueer deur analise van grondmikrobiese gemeenskappe wat dien as biologiese indikatore van volhoubaarheid.Grondkwaliteit kan deur fisiese, chemiese en biologiese eienskappe geljlvalueer word.Chemiese analise van die grond is uitgevoer deur 1 :2 water ekstrak, asook ammonium asetaat ekstrak tegnieke.Ensiematiese analises (dehidrogenase, p-glukosidase, alkaliese en suurfosfatase, urease en ariel-sulfatase) asook substraat-gernduseerde respirasie (SIR) is gebruik om die grondmikrobiesegemeenskapsfunksie te bepaal.Grondmikrobiesegemeenskapstruktuur is geevalueer deur analise van spesifieke mikrobiese lipiedbiomerkers.Die plantegroei respons tot rehabilitasie is geevalueer deur bepaling van plantegroei frekwensie, digtheid en biomassa opnames.Plant vitaliteit is bepaal deur analise van fotosintese wat as proses baie sensitief teenoor omgewingsversteurings is.In terme van algehele ensiematiese aktiwiteit (dehidrogenase) het die toevoeging van 90 tonlha organiese materiaal die beste resultate gelewer.Hierteenoor het die behandeling met 60 tonlha organiese materiaal die beste resultate gelewer in terme van plant vitaliteit en plant biomassa.Substraat gernduseerde respirasie het nie statisties betekenisvolle verskille getoon nie.Die bepaling van die grondmikrobiese gemeenskapstruktuur het getoon dat fungi tot bakteriee verhoudings stelselmatig verhoog oor die proef tydperk alhoewel die verhoudings nog steeds minder as een is, en dat die bakteriese gemeenskape in die eksperimentele persele domineer.
Author: Leon Liebenberg
Institution: North-West University
Language: English
Subfield: Soil Science
Domain: Life Sciences
Keywords: mine reclamation, soil microbial communities, mining waste, vermicompost, chemical soil amendments, grass mixtures, soil enzyme activity, substrate-induced respiration, microbial lipid biomarkers, plant growth, photosynthesis, soil quality, land reclamation, mine waste revegetation, heavy metals, phosphorus
Open Access status: green
OpenAlex ID: W42718805
