Year: 2017
Type: article
Abstract: Ek het altyd grootgeword tussen die kulture.Ek het nooit kon verstaan dat mense met mekaar kulturele hang-ups kon hê nie" -Adam Small Imaginative autobiography in The Orange Earth en my kinderdae The Orange Earth is baie relevant nou met die Waarheids-en Versoeningskommissie. Ek het my jare gelede voorgeneem dat die stuk in Afrikaans oorgesit moet word.Dit mag net wees dat Daniël Hugo nou aan die ding sal werk, want sy siel is 'n digterlike siel.Ek hoop dit kan gepubliseer word, aangesien dit 'n outobiografiese werk is, oor dinge wat my baie seer gemaak het.Wat vir my baie belangrik is, is die Kaapse Vlakte-spelers wat ons hier in 1972 begin het.Hul het op hierdie kampus Kanna opgeroep.Ek het dit afgerig met destydse dramastudente, en die groep het toe begin en bestaan nou nog.Van die oorspronklike mense is nog een of twee oor.Peter Braaf-hy het destyds Kanna gespeel. 1 Dis een van die mooi dinge wat ek in daardie moeilike jare reggekry het.Ek is op Wellington gebore soos Piet Retief en Breyten Breytenbach.Op Goree, net buite Robertson aan die Kaapse kant.Die nedersettinkie, oorspronklik 'n sendingpos genaamd Goree het iets te doen met water.Die Breërivier kom daar deur.My vroegste herinneringe is seker toe ek vyf jaar oud was … die Orange Earth vertel daarvan.Dit was nie net 'n kwessie van armoede nie, dit was 'n kwessie van kleur.Die titel, The Orange Earth, verwys na die rooibruin kleur van die grond.Tot 'n mate die kleur van die ou vlag: oranje, dan die pragtige blou van daardie lug wat heeltemal anders is as die lug van die Kaap, en die wit strook van die ou vlag-ek speel 'n bietjie met daardie kleure in die stuk.Goree het my gemaak.Toe ek my sinne kom kry, was my pa die een enkele meester van daardie mense.Van Wellington, waar my ma ook vandaan gekom het-'n Moslemvrou.Vakansies het ek daar in twee huise tuisgekom, die baie formele soort Calvinistiese NG Sendingkerk huis van my pa, en my oupa Adam.Ek was baie klein toe hy dood is.Hy was 'n tuinier, 'n baie indrukwekkende man, en my ouma Nellie.
Source: Tydskrif vir letterkunde
DOI: 10.4314/tvl.v49i1.1
Authors: Helize Van Vuuren, Adam Small
Institution: University of the Western Cape
Language: Afrikaans
Subfield: Literature and Literary Theory
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $543
OpenAlex ID: W2030641821
