Work

Op die spoor van vermeende letterdiefstal: Holografiese Argeologie, GR von Wielligh en die Bleek en Lloyd-argief

Year: 2023
Type: article
Abstract: Toe die Universiteit van Kaapstad se Afrikanistiekbiblioteek in April 2021 in 'n vlammehel vasgevang was, het die vraag om verwoesting en oorlewing grootliks gewentel om Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd se |xam-argief.Sulke aandag is nie iets nuuts in die lewe van die argief nie.In 1998 het dit Suid-Afrika se eerste inskrywing in UNESCO se Memory of the World Registry geword.Daarin word beskryf hoe dit "an invaluable and unique insight into the language, life, religion, mythology, folklore and stories of a now-extinct African people" verskaf.Verder is dit by die ontwerp van die post-1994-landswapen ingespan, en dien dit as 'n fokuspunt in die herverbeelde Iziko Suid-Afrikaanse Museum, een van die nasionale museums in Kaapstad.Hier moet twee belangrike dinge egter uitgelig word.Eerstens, die sigbaarheid van die argief strek terug tot ten minste 1911 -die jaar van Specimens of Bushman Folklore se publikasie.Hierna is die argief deur verskeie publikasies uitgebrei as gevolg van die arbeid van Dorothea Bleek, Wilhelm se dogter.Dit ontvang dan later, veral deur die werk van Roger Hewitt, Patricia Vinnicombe, David Lewis-Williams en Janette Deacon aandag in aanloop tot die Khoesanstudiesopbloei van die 1990's.Tweedens, die Bleek en Lloyd-argief is nie die enigste getuienis van die |xam nie.'n Ander bewaarplek is dié van Gideon Retief von Wielligh, 'n minder bekende landmeter, skrywer, en amateurvolkskundige wat mites, dierestories en feitelike gebeure van die lewe van die |xam in die Kaapkolonie se noordelike grensgebied versamel het.Wanneer daar egter binne Khoesanstudies na sy werk verwys word, word een van die volgende argumente gebruik om sy optekenings as waardeloos te tipeer (vergelyk Van Vuuren (2016)):
Author: L Staphorst
Language: Afrikaans
Subfield: Conservation
Open Access status: diamond
OpenAlex ID: W4387785843
FWCI: 1.694
Cites: 19
Cited by: 1
Related to: 10