Die dinamiek van regverdigingsaanduiders en brongebruik in studentetekste: ʼn Korpusgebaseerde ondersoek
Year: 2025
Type: article
Abstract: OpsommingHierdie artikel ondersoek studente se vermoë om taaluitdrukkings wat op regverdiging dui te gebruik, asook om toepaslike bronne vir bewyslewering in hulle geskrewe akademiese argumente te integreer. Deur ʼn korpusgebaseerde ondersoek word insig verskaf oor die gebruik en geskiktheid van spesifieke taaluitdrukkings wat as regverdigingsaanduiders dien, die verspreiding daarvan oor die inleidende, besprekings– en afsluitende gedeeltes van studentetekste, die tipes bronne wat aangewend word, en die wyse waarop erkenning aan sodanige bronne verleen word. Die empiriese analise, aangevul deur kwalitatiewe insigte, onthul dat terwyl die meerderheid van eerstejaarstudente oor die nodige vermoë beskik om koherensie deur middel van regverdigingsaanduiders te skep en inligting uit bronne te integreer, daar spesifieke areas is waar ondersteuning aan studente gebied behoort te word. Die uitbreiding van eerstejaarstudente se kennis rakende alle taaluitdrukkings wat ʼn regverdigingsfunksie vervul, verdien aandag. Daarnaas het hulle ook ondersteuning nodig in die gebruik van gepaste akademiese bronne en akkurate bronvermelding. Laastens behoort hulle begrip rakende die inhoud waaruit ʼn argumentatiewe slot bestaan verder ontwikkel te word.
Author: Zanétte Meintjes
Institution: North-West University
Language: Afrikaans
Subfield: Literature and Literary Theory
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: hybrid
OpenAlex ID: W4412466846
