Year: 2012
Type: article
Abstract: Ekonomiese veeproduksie, wat reeds gebuk gaan onder stygende insetkoste en wisselvallige beskikbaarheid van byvoedings en konsentrate, kan ’n groot hupstoot kry deur die optimale benutting van natuurlike en aangeplante weidings. Een enorme struikelblok vir die daarstel van goeie weiding en hoë drakrag, is die aanwesigheid van onsmaaklike en/of giftige plantsoorte wat met gewenste soorte gemeng is. Droogte, verkeerde beweiding of enige ander vorm van die agteruitgang van grond, kan lei tot indringing deur nuwe probleemplante en die bevoordeling van soorte wat oor tyd gevestig geraak het. Die beheer en bestuur van probleemplante behoort ’n integrale deel van weidingbestuur te wees.
Authors: Charlie Reinhardt, Wayne Truter
Institution: University of Pretoria
Language: French
Subfield: Agronomy and Crop Science
Domain: Life Sciences
SDGs: Zero hunger, Life on land
Open Access status: green
OpenAlex ID: W44721565
