Work

Die doeltreffendheid van 'n opleidingskursus in kreatiwiteit

Year: 1994
Type: dissertation
Abstract: Die doel van die navorsing was om die doeltreffendheid van 'n opleidingskursus in \nkreatiewe vaardighede te evalueer. Die navorsingsprosedure is volgens die Solomonviergroepontwerp \nbeplan, maar kon nie deurgevoer word nie weens 'n tekort aan \nproefpersone. Die navorsingsontwerp het bestaan uit 'n eksperimentele groep wat die \nopleidingskursus deurloop en 'n voor- en natoets afgete het, 'n kontrolegroep wat die \nopleidingskursus deurloop en 'n natoets afgete het, en 'n tweede kontrolegroep wat slegs \ngetoets is. Die nieverbale toets van die Torrance Tests of Creative Thinking is gebruik \nom die uitwerking van die opleiding te bepaal. Die interbeoordelaarsbetroubaarheid van \ndie meetinstrument is bewys. Die resultate dui aan dat die doeltreffendheid van die \nopleidingskursus nie deur die geslag of kwalifikasies van die proefpersone beinvloed is \nnie. Verder is bevind dat proefpersone wat voor opleiding lae tellings vir kreatiwiteit \nbehaal het, meer gebaat het by kreatiwiteitsopleiding as persone wat hoe tellings behaal \nhet. Die navorsingshipotese, naamlik dat die oplei~ingskursus sal lei tot 'n verbetering \nin die kreatiewe vaardighede van die proefpersone, is bevestig
Language: Afrikaans
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W561518013
Cites: 205
Cited by:
Related to: 10