Year: 2010
Type: dissertation
Abstract: SKRIPSIE OPSOMMINGSamesmeltings en oornames (S&O) is een van die vinnigste strategiese opsies wat maatskappye gebruik om die globale mededingende mark die hoof te bied.Dit word veral opgemerk in die toename in die aantal S&O in die laaste dekade.Indien maatskappye nie aanpas in die vinnig bewegende en veranderende sake-omgewing, sal hulle die risiko loop om verouderd te raak.Die sleutel beginsel agter die rede om 'n ander maatskappy te koop is om die waarde vir aandeelhouers te verhoog, wat die organisasie "n mededingende voordeel sal gee.Die redenasie agter samesmelting en oornames is dat een gesamentlike maatskappy dalk meer werd is as twee afsonderlike maatskappye.Ten spyte van die gewildheid van S&O, toon statistiek dat 60-80% van alle S&O nie waarde vir anndeelhouers skep nie.Daar is verskeie redes waarom samesmeltings en oornames onsukselvol is, soos onvoldoende beplanning, te hoё prys wat betaal is en swak bestuur tydens die integrasie-fase.In die afgelope 20 jaar, het die volume van oorsese oornames drie keer vinniger gegroei as die van binnelandse oornames.Hoewel oorsese S&O baie gewild geword het, kom dit met sy eie uitdagings en probleme.Die grootse rede vir die mislukking van oorsese oornames is as gevolg van die kulturele verskille tussen die betrokke partye.Tydens "n oorsese oorname moet alle partye betrokke met die nasionale en korporatiewe kulture van die ander maatskappy integreer.Die kulturele verskille wat betrokke is in so "n transaksie is een van die algemeenste redes hoekom samesmeltings en oornames misluk.Ten einde vir "n maatskappy om suksesvol te wees, moet die bestuur die impak van die kulturele verskille in ag neem en oplos.Organisasies sukkel dikwels met kulturele aangeleenthede en daar is al beweer dat die mate van kulturele verskil tussen die oornemer en die oorgeneemde "n bepalende faktor is in die sukses van oorgrens oorname.Die transaksie tussen die Duitse maatskappy Daimler Benz en die Amerikaanse maatskappy Chrysler Corporation is bemoeilik deur die feit dat die twee maatskappye baie verskillende kulturele agtergronde het en dat hulle strukture ook beduidend verskil het.Die maatskappy se keuse van taal, beelde, metafore en retoriese strategieë het 'n groot impak op die aanvaarding van die samesmelting op die werknemers gehad.iv Die boogenoemde het aanleiding gegee to die gebruik van Hofstede se kulturele dimensies.Hofstede het sy kulturele dimensies ontwikkel op data wat versamel is uit die IBM studie van werk-verwante houdings van 116,000 werknemers in meer as 50 lande en drie gebiede.Die eerste vier dimensies van kultuur is afgelei van hierdie studie, naamlik, Vlak van mag (PDI), Individualisme (IDV), Manlikheid teenoor vroulikheid (MAS), en die Vlak van onsekerheid (UAI).Gray het Hofstede se dimensies uitgebrei na 'n rekenpligtige perspektief en stel voor dat rekeningkundige waardes afgelei kan word van kulturele dimensies.Gray het sy rekeningkundige waardes as volg gekatogoriseer: Professionaliteit teenoor statutêre beheer, eenvormigheid teenoor buigsaamheid, konserwatiteit teenoor optimisme en geheimhouding teenoor deursigtigheid.Die navorsingsvraag en doelstelling van hierdie studie was om die potensiële impak van kulturele verskille van oorsese oornames op maatskappye vanuit 'n rekeningkundige perspektief te ondersoek.Ten einde die navorsingsvraag te beantwoord was daar drie doelwitte gestel.Die eerste doelwit is om die impak wat kulturele verskille op 'n maatskappy met behulp van Hofstede se kulturele dimensies te ondersoek, die tweede doelwit is om die impak van die kulturele verskille vanuit "n rekeningkundige perspektief te ondersoek deur Gray se rekeningkundige waardes te gebruik.Die derde en finale doelwit van hierdie navorsing is om die potensiële impak van 'n oorsese oorname op 'n maatskappy te ondersoek deur die kulturele verskille in ag te neem.Deur die kulturele verskille tussen nasies in ag te neem was dit duidelik dat dit tot kulturele konflik kan lei en die sukses van oorsese samesmeltings of oornames bemoeilik.Die kulturele verskille wat uitgebrei was na "n rekenkundige perspektief het aangedui dat kulture verskille "n definitiewe invloed het op die manier waarop rekeningkunde gedoen vorm een land na "n ander.Die gevolgtrekking kan gemaak word dat maatskappye die kulturele verskille in ag moet neem voordat "n oorsese S&O gedoen word, en dat pro-aktiewe maatreëls in plek moet wees sodat die oorsese S&O "n sukses kan wees.
Author: Gideon Stefan Stander
Institution: North-West University
Language: English
Subfield: Finance
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W578664694
