Factors That Influence Attitude, Beliefs and Barriers of Caregivers Regarding Complementary Feeding Practices of Infants Aged 6 - 12 Months in the Breede Valley District of the Western Cape
Year: 2014
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Onvanpaste voedingspraktyke is 'n groot oorsaak van wanvoeding in jong kinders.Binne hierdie konteks is dit goed gedokumenteer dat die voorkoms van wanvoeding skerp styg gedurende die tydperk vanaf ses tot 18 maande ouderdom in die meeste lande.Komplimentêre voeding dek tipies die tydperk van ses tot 24 maande oud.Hernude fokus word geplaas op die bevordering van borsvoeding.Komplimentêre voeding behoort soortgelyke aandag te kry.Ses persent van sterftes per jaar is voorkombaar deur goeie komplimentêree voedingpraktyke.Om kindervoeding te verbeter is dit belangrik om bekend te wees met plaaslike baba-en jong kind praktyke in gemeenskappe, en ook om die onderliggende faktore wat hierdie praktyke beïnvloed te identifiseer en verstaan.Doelwit Hierdie studie het gepoog om die verskillende faktore ten opsigte van die komplimentêre voeding praktyke van babas tussen 6 -12 maande te beskryf in 2 gemeenskappe (Avian Park en Zweletemba) in die Breede Vallei distrik van die Wes-Kaap.Metodes Die studie is uitgevoer vanaf Mei -Julie 2012.'n Beskrywende studie ontwerp is gebruik.'n Kwalitatiewe benadering is gevolg met die gebruik van fokusgroepbesprekings met moeders / primêre versorgers, vaders en oumas van babas tussen 6 -12 maande.Resultate Die bevindinge van hierdie studie voorsien insae in die verskillende aspekte van die vroeë beëindiging van borsvoeding wat kan lei tot vroeë bekendstelling van komplimentêre voeding.In beide Avian Park en Zweletemba het die ouderdomme van insluiting van vloeistowwe en vaste stowwe gewissel van geboorte tot 12 maande.Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.zaVerskeie vloeistowwe soos water, oor-die-toonbank-medisyne, hoë konsentrasie suiker drankies en lae voedingswaarde drankies was aan babas gegee so vroeg as twee dae post-partum deur middel van 'n voedingsbottel.Koeimelk was ook gegee voor 6 maande, om redes soos bekostigbaarheid, beskikbaarheid en omdat koeimelk nie kookwater benodig vir hersamestelling soos formule melk nie, veral in situasies waar toegang tot elektrisiteit onvoldoende is.Babas van beide gemeenskappe was ook meelbol (meel en water drankie) gevoer óf via voedingsbottels (as 'n vloeistof) of as 'n pap wat gevoer word met 'n lepel.Pap (veral ryspap en mieliemeelpap) was gegee vanaf een week post-partum en babas van beide gebiede het ook familie kookkos ontvang "vanuit die pot" voor 6 maande.In hierdie studie is bevind dat dit heel dikwels 'n vrou (óf die moeder of ouma) in die huishouding is wat verantwoordelik is vir die koop en voorbereiding van voedsel asook die voer van die baba.Gesondheidswerkers, lede van die moeder se huishouding sowel as lede van die gemeenskap is geïdentifiseer as belangrike rolspelers in die oordrag van inligting oor borsvoeding en komplimentêre voeding vanaf geboorte tot een jaar.Die belangrikste faktore geïdentifiseer was verwant aan: i) gesondheid, ii) fisiologie, iii) voedingswaarde , iv) opvoedkunde, v) gedrag, vi) finansies en vii) sosiale faktore.Ander aspekte genoem is: vii) demografiese en x) kommersiële faktore.Gevolgtrekking Resultate het aangedui dat die huidige voedingpraktyke soortgelyk was in Avian Park en Zweletemba en dat daar baie min kulturele verskille tussen die twee gemeenskappe was in soverre huidige praktyke en faktore wat dit beïnvloed.Die bevindinge van hierdie studie het die belangrikheid daarvan uitgelig om al die lede van die huishouding, sowel as die breër gemeenskap in te sluit in intervensies met 'n openbare voeding benadering.Faktore wat die huidige babavoeding praktyke beïnvloed moet versigtig oorweeg word tydens die beplanning van toekomstige intervensies om babavoeding praktyke te verbeter.Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.zawith the guidance and support of many individuals and I would like to honour each and every one of them for their contribution. My deepest appreciation to: Dr MJ Lombard, an exceptional study
Author: Mariska Matthysen
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Epidemiology
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W58054083
