Work

Rolkonflik by die werkende moeder : 'n geestesgesondheidsperspektief

Year: 1999
Type: dissertation
Abstract: Die doel met hierdie navorsing is om vanuit 'n geestesgesondheidsperspektief ondersoek in te stel na die rolkonflik van die werkende moeder. Die literatuurdoelstellings behels dat rolgedrag verduidelik word. Veranderlikes binne die organisasie- en werksfeer asook farniliesfeer wat tot rolkonflik by die werkende moeder aanleiding gee is beskryf. Die groeisielkunde is vanuit die analitiese, humanistiese en eksistensiele paradigmas aangebied, ten einde 'n geestesgesonde persoonlikheidsprofiel te ontwikkel. Wat die operasionele doelstellings betref, is die veranderlikes wat tot rolkonflik aanleiding gee en die persoonlikheidsfunksionering van tien werkende moeders met hulle eerste kind, deur middel van 'n ongestruktureerde onderhoud, ondersoek. Die verband tussen rolkonflik en 'n geestesgesonde persoonlikheid is vasgestel, om te bepaal hoe geestesgesondheid die hantering van \nrolkonflik beinvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder, met die ervaring van haar rol as moeder, groei in haar persoonlikheidsfunksionering getoon het. Uit die resultate blyk dit dat dit 'n positiewe gesindheid teenoor loopbaan, min werksekuriteit vir die moeder wat in haar eie praktyk werksaam is, onbuigsame werksomstandighede, ondersteuning deur betekenisvolle ander, rolbeperking en hoë deurdringbaarheid tussen die moeder se moeder- en werkrol, temas is wat die rolkonflik wat die werkende moeder ervaar, en gevolglik haar geestesgesondheid, bei:nvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder konflik tussen haar moeder- en werkrol, rol as eggenote en eie tyd ervaar. Unieke veranderlikes wat tot rolkonflik lei in die Suid-Afrikaanse konteks, wat in die navorsing geidentifiseer is, is rolbeperking en gebrek aan werksekuriteit vir die moeder wat haar eie praktyk bedryf. Die geestesgesonde persoonlikheidsfunksionering van die werkende moeder is met die ontwikkelde persoonlikheidsprofiel vergelyk. Dit blyk dat akkurate en realistiese waarnemings van ervarings, \nvryheid om emosies te beleef, geloof, toekomsgerigtheid en innige interpersoonlike verhoudings \ndie werkende moeder se geestesgesondheid positief kan beinvloed, en tot makliker hantering van \nrolkonflik lei. Hierteenoor blyk dit dat gebrek aan seltkennis, gebrek aan vryheid van keuse, min \nemosionele beheer asook onaanvaarbaarheid en onverdraagsaamheid teenoor ander, eienskappe is waar \nsy heelwat in haar persoonlikheidsfunksionering kan groei. Aanbevelings vir die hantering van rolkonflik deur die werkende moeder is vir die bedryfsielkundige praktyk en die werkende moeder self geformuleer, asook aanbevelings vir verdere navorsingsgeleenthede.
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W610394144
Cites: 158
Cited by: 4
Related to: 10