The mathematics achievement of SYSTEM student teachers in the Northern Cape with special reference to study orientation in Mathematics and mentorship
Year: 2004
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Die wiskundeprestasie van SYSTEM-onderwysstudente in die Noord-Kaap met spesifieke verwysing na studie-oriintering in wiskunde en mentorskap Gegewe die historiese swak prestasie van leerders in wiskunde en wetenskap, asook die groot aantal onder-en ongekwalifiseerde wiskunde-en wetenskapondenvysers, het die nuutverkose post-1994-regering, in konsultasie met veelvuldige belanghebbendes, 'n projek van opvoedkundige regstelling inhierdie verband ge'inisieer, naamlik "Students and Youth into Science, Technology, Engineering and Mathematics" projek of kortweg SYSTEM.Die visie van SYSTEM was om by te dra tot die regstelling van die historiese wanbelans in die ondenvys-en opleidingstelsel in Suid-Afrika.Die projek het 'n geleentheid gebied waardeur histories minderbevoorregte leerders in wiskunde-en wetenskapprogramme (soos die "Recoveryn-program van SYSTEM Fase I) toegang kon kry tot programme by hoerondenvysinrigtings (soos die ondenvyseropleidingsprogram van SYSTEM Fase 11).Die sukses van SYSTEM het prim& op die werkverrigting en prestasie van die studente in die SYSTEM-programme berus.Binne hierdie kontekstuele raarnwerk maak die studie spesifieke verwysing na studie-orientering in wiskunde, insluitend wiskunde-angs en houding jeens wiskunde, as moontlike oorsaaklike faktore wat werkverrigting en prestasie in wiskunde kan belemmer of versterk.'n Intemskap gekoppel a m 'n mentorskapprogram is binne die ondenvyseropleidingsprogram gestruktureer en ondersoek; onderhoude is met mentorondenvysers en 'n groep SYSTEM-studente gevoer om hul persepsies teenoor aspekte van die mentorproses te bepaal.In die SYSTEM-studentepopulasie (in die Noord-Kaap) is twee disjunkte groepe onderskei wat met verskillende intreevlakke tot Fase I1 toegetree het.Die verband tussen groeppersepsies en die onderskeie studieveranderlikes is ondersoek binne die konstrukte van leer (instituut-gebaseer) en ondemg (skool-gebaseer).Beide kwantitatiewe en kwalitatiewe ontleding en verslaggewing van die resultate is in die ondersoek gebruik.Die resultate het aangedui dat die verskil tussen die persepsies van die twee groepe proefpersone nie prakties betekenisvol was nie.Fase I het dus geen beduidende of wesenlike rol in die voorbereiding van die betrokke groep studente vir ondenvyseropleiding gehad nie.Die relevansie van mentorskap vir SYSTEM is ondersoek deur die respondente (SYSTEMstudente en mentorondenvysers) se persepsies rakende die mentorproses te bepaal.Die onderhoude wat gevoer is, getuig van 'n erkenning van die relatiewe sukses van SYSTEM in die Noord-Kaap, nieteenstaande die funksionele en strukturele probleme wat op nasionale sowel as provinsiale vlak met die projek geassosieer is.Om die momentum van transformasie van die ondenvys-en opleidingstelsel te behou, behoort die lesse wat in SYSTEM geleer is as 'n vertrekpunt vir die voorgestelde regstelling en transformasie van die Verdere Ondewys-en Opleidingband en die Hoer Onderwyssektor oorweeg te word.Meer spesifiek, behoort opvoedkundige transformasie nie bloot kognitief gekontekstualiseer aangepak te word nie, aangesien hierdie studie indirek toon dat die affektiewe terrein meer prominente aandag in kurrikulumontwikkeling, ondenvysopleiding en navorsing oor ondemg en leer behoort te kry.Deur op hierdie inisiatiewe voort te bou, kan die huidige staat van leerders en studente se werkvenigting en prestasie in wiskunde verbeter.'n Verdere moontlike bydrae van sodanige programme kan 'n vermeerdering in die getal toepaslik gekwalifiseerde wiskunde-en wetenskapondenvysers wees.
Author: Nazir Ahmed Hassan
Language: English
Subfield: Developmental and Educational Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
Funder: U.S. Department of Energy
OpenAlex ID: W62188793
