The Botswana - Namibia boundary dispute. Towards a diplomatic solution or military confrontation?
Year: 1998
Type: article
Abstract: Die regerings van Botswana and Namibië is tans in 'n dispuut gewikkel oor die twee klein rivier-eilande van Sedudu (bekend as Kasikili onder die Namibiërs) en Situngu (bekend as Luyondo, Singobeka, Mbala of Zoti onder die Namibiërs). Die dispuut oor Sedudu-eiland dien tans voor die wêreldhof in Den Haag, terwyl Situngu-eiland die onderwerp is van 'n gesamentlike tegniese komitee bestaande uit verteeenwoordigers van die twee regerings. Daar is min hoop dat die tegniese komitee 'n oplossing sal vind. Daar is ook 'n groeiende vrees dat, met die sterk emosionele en nasionale sentimente wat daar rondom die dispuut bestaan, die moontlikheid van 'n grenskonflik tussen die twee lande in die nabye toekoms nie uitgesluit kan word nie. Daar is politieke waarnemers wat Botswana se versnelde bewapeningsprogram selfs direk met die dispuut verbind. In 1996 is dit in die pers gerapporteer dat die Botswana regering aan die onderhandel was vir die aankoop van dertien Kanadees-vervaardigde F-5 vegterbombwerpers vir die Botswana weermag teen 'n koste van $50 miljoen. Volgens ander berigte was Botswana blykbaar oak in die mark vir die aankoop van vyftig tweedehandse Duitse "Leopard II" tenks, ses en dertig Britse "Scorpion" tenks, 200 troepedraers en 'n onbekende hoeveelheid artillerie stukke teen beraamde fatale koste van sowat $63 miljoen. Botswana se verdedigingsbegroting het skerp toegeneem vanaf P243.5 miljoen (Pula) in 1989/1990 tot P625 miljoen (ongeveer R833 miljoen) in 1995. Die doel van die artikel is om Botswana se versnelde bewapeningsprogram te ontleed teen die agtergrond van die eiland-dispuut in die Kaprivi en die voorneme van die Namibiese regering om groat hoeveelhede water deur middel van 'n reuse pylyn uit die Okavango-rivier naby Rundu te onttrek. Laasgenoemde projek hou 'n ernstige bedreiging in vir Botswana se ekonomiese lewe in die algemeen.
Source: New Contree
DOI: 10.4102/nc.v44i0.472
Author: C.J.B. Ie Roux
Institution: University of Zululand
Language: Afrikaans
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Keywords: river islands, diplomatic settlement, military confrontation, defense acquisition, defense spending, national security, national identity, territorial disputes, international arbitration, International Court of Justice, national sentiment, military modernization, Botswana, Namibia, South Africa, Namibian independence
Open Access status: diamond
OpenAlex ID: W4395681660
