Work

Reflektiewe vakdeskundigheid in opvoedkundige sielkunde : konteks en uitdagings

Year: 2006
Type: other
Abstract: stelle Swart het grootgeword in Boksburg, een van die oudste dorpe oos van Johannesburg.Haar ma se liefde vir skoolbeginners en hoe sy hulle leer lees en skryf het, het haar van kleins af geïnspireer.Sy Matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Voortrekker en besluit ten spyte van vele verleenthede as tiener, wanneer groot mans hulle graadeenjuffrou in die winkels groet en aan hulle eie kinders voorstel, om tog die onderwys te betree.Haar passie om met kinders en families te werk wat probleme ervaar, was die begin van jare se studie en werk in die onderwys.Na haar aanvanklike opleiding by die Goudstadse Onderwyskollege in Johannesburg het sy haar studie in Opvoedkundige Sielkunde voortgesit aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou Universiteit Johannesburg).Sy werk in hierdie tyd as onderwyser en sielkundige in buitengewone onderwys.Haar loopbaan as dosent in Opvoedkundige Sielkunde begin in 1990 aan die RAU waar sy dikwels vir haar kwaaiste onderwysers en ou klasmaats moes klasgee.As jong dosent het sy feitlik elke voor-en nagraadse module aangebied waarvoor die professore nie kans gesien het nie! Na 'n jaar as sielkundige en hoof van die Hulpdienste by 'n skool is sy terug akademie toe, hierdie keer om te fokus!Hier was sy instrumenteel in die herontwerp van die nagraadse programme in Opvoedkundige Sielkunde om dit relevant te maak vir die behoeftes van Suid-Afrikaanse klaskamers.Sy aanvaar in September 2004 'n pos by Universiteit Stellenbosch waar sy ook tans voorsitter van die Departement Opvoedkundige Sielkunde is.Estelle se navorsing fokus op leierskap-en onderwyserontwikkeling vir inklusiewe onderwys waaroor sy al nasionaal en internasionaal gepubliseer het.Sy het ook 'n belangstelling in hoe onderwysers en sielkundiges in die praktyk leer en ontwikkel.Kinders met leerprobleme en gestremdhede lê haar baie na aan die hart.Sy is getroud met Theo Swart wat vir haar 'n voorbeeld van 'vasbyt' is -hy het, benewens 'n PhD, al 27 Comrades maratons op sy CV! Hulle twee kinders is 'gebore' in die akademie.Leanthé (17), drie maande na haar ma haar M voltooi het, en Ethuan (12), drie maande na sy haar D ingelewer het.Hulle het dus altwee hulle eerste gradeplegtigheid bygewoon op die ouderdom van drie weke.
Language: Dutch
Subfield: Education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W7005413204
Cites: 41
Cited by: 1
Related to: 9