Work

The development and validation of the visual screening tool for anxiety disorders and depression in people living with hypertension and/or diabetes

Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: Mense wat saamleef met hipertensie en/of diabetes het 'n hoër prevalensie van depressie en angssteurings.Dit dra by tot funksionele inkortings, swak lewenskwaliteit, hoër finansiële las en lyding.Identifisering van hierdie psigiatriese siektes kan bydra daartoe om die las wat deur hulle veroorsaak word aan te spreek.Daar bestaan egter struikelblokke wat identifisering bemoeilik, veral in die Suid Afrikaanse konteks.Dit sluit die gebrek van instrumente wat gebruik kan word in die diverse Suid Afrikaanse kulturele-en taalgroepe asook mense met verskillende vlakke van opleiding in, sowel as die feit dat baie siftingsinstrumente nie aanvaarbare sensitiwiteit toon in die Suid Afrikaanse populasie nie.Pogings on die beskikbaarheid van siftingsinstrumente vir gebruik in primêre gesondheidsorg te verbeter het ook die vertaling van siftingsinstrumente wat in hoë inkomste lande ontwikkel is ingesluit.Vertaalde instrumente toon egter dikwels metodologiese foute.Visuele siftingsinstrumente vir depressie is ontwikkel om sommige van hierdie tekortkominge aan te spreek.Sulke instrumente benodig nie dat 'n pasiënt kan lees of skryf nie en is al gewys om toepaslik te wees vir gebruik in mense met lae vlakke van opleiding.Hulle is bewys om effektief te wees met die identifikasie van depressie in lae inkomste lande.My doel met hierdie studie was om 'n visuele siftingsinstrument vir beide depressie en angssteurings te ontwikkel en geldig te bewys in mense met hipertensie en/of diabetes vir gebruik op primêre gesondheidsorgvlak.Die items vir die visuele siftingsinstrument was gebaseer op die "Hospital Anxiety and Depression Scale (HADS)".Die HADS is bewys om, in vergelyking met soortgelyke instrumente, 'n toepaslike sfitingsinstrument vir angssteurings en depressie te wees in mense met diabetes sowel as diegene met 'n lae vlak van opleiding.Die HADS is egter net toepaslik vir pasiënte wat kan lees en skryf.My studie was verdeel in twee fases en elk het die finale gevolgtrekking toegelig.
Language: English
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W7008978206
Cites: 143
Cited by:
Related to: 10