Work

Tourettesindroomlyer se kognitiewe funksionering : 'n sielkundig-opvoedkundige perspektief

Year: 2001
Type: dissertation
Abstract: In hierdie studie is daar gefokus op Tourettesindroomlyers se leefwereldstigting, met \nspesifieke verwysing na hulle kognitiewe funksionering. Tourettesindroom is 'n \nneuropsigiatriese versteuring wat gewoonlik tydens die kinderjare 'n aanvang neem en wat \ndeur motoriese en/of vokale tics gekenmerk word. Tourettesindroomlyers kan 'n \nverskeidenheid aanverwante versteurings manifesteer, byvoorbeeld Obsessief-kompulsiewe \nVersteuring, Aandaggebrekversteuring, met of sander hiperaktiwiteit, fobies en ander \naffektiewe afwykings. Aangesien die werklike oorsake van T ourettesindroom steeds 'n \nonbekende faktor is, is die behandeling van hierdie chroniese toestand nie 'n gewaarborgde \nsukses nie. Dit wil voorkom asof die insidensie van Tourettesindroom, wat heelwat hoer onder \nmanlikes as vroulikes is, hoer is as wat aanvanklik vermoed is. \nAl ses die fasette van menswees kan deur Tourettesindroomlyers negatief beleef word. Op \nfisiese gebied toon navorsing verskillende abnormaliteite in die brein, byvoorbeeld by die \nafskeiding van die neurosenders soos dopamien en serotonien, 'n reduksie in die volume van \ndie basale ganglia, 'n kleiner linker globus pallidus en versteurings in die frontale lobbe, die \ncorpus callosum en die basale ganglia se senuweebane. Hulle konatiewe faset kan oorheers \nword deur hulle ongemotiveerdheid op kognitiewe gebied. Die normatiewe faset word dikwels \nweens verslawende gedrag belemmer. Die Tourettesindroomlyers se sosialisering kan swak \nwees weens hulle gedragsprobleme. Hierdie navorsing bevestig vorige ondersoeke \nwereldwyd wat toon dat depressie, slaapprobleme, angsversteurings en die onvermoe om \nstres te hanteer by sommige Tourettesindroomlyers kan bydra tot uitputting wat hulle \nkognitiewe funksionering belemmer. \nTourettesindroomlyers presteer op kognitiewe gebied 6f uitstekend 6f uiters swak. Groot \nuiteenlopendhede word in die neuropsigologiese gedrag van Tourettesindroomlyers \ngemanifesteer, met 'n vermindering in hulle uitvoerende kognitiewe funksionering weens \ntekorte in hulle kognitiewe prosesseringsvermoens. Dit het verarmende gevolge vir hulle \nkognitiewe inhoud, struktuur en uiteindelik kognitiewe produkte. Algemene en spesifieke \nleerprobleme is die gevolg. \nDit is dus te begrype dat Tourettesindroomlyers se betrokkenheid, belewing en \nbetekenisgewing by die skoolsituasie en leerstof negatief beleef kan word. Saam met hulle \nvernederende simptome, fluktuasie van hulle punte en belemmerde leefwereldstigting, is die \nlogiese gevolg ontwrigte selfbeelde. Tourettesindroomlyers benodig daadwerklike \nondersteuning in hulle selfaktualisering ten einde waardevolle mensepotensiaal vir SuidAfrika \nte behou.
Author: Moller, Hendrina Cecilia
Language: Afrikaans
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W7052819756
Cites: 163
Cited by:
Related to: 10