Year: 2011
Type: dissertation
Abstract: INLEIDING 1.1 MOTIVERING VAN STUDIEIn die afgelope 50 jaar het die graad en voorkoms van aggressiewe en antisosiale gedrag onder adolessente regoor die wêreld toegeneem (Connor, 2002).Alhoewel die meeste adolessente nie ernstig aggressief of antisosiaal optree nie, is die voorkoms steeds merkwaardig hoog.Connor (2002) se standpunt word ondersteun deur navorsing deur Holmberg (1977) wat gebruik gemaak het van observasieleer en Maquire en Pastore (1999) wat gebruik gemaak het van openbare meningspeilings tesame met verskeie jeuggevangeneen kliniese geestesgesondheidstatistieke om te bepaal of die graad en voorkoms van aggressie en antisosiale gedrag onder adolessente toegeneem het.Studies wat gedoen is deur Gentry (2004), Petersen, Bhana en McKay (2005) en Harber (2001) beklemtoon die wye voorkoms van geweld en aggressiewe gedrag onder adolessente in Suid-Afrika.'n Verdere studie wat gedoen is deur Hanson, Self-Brown, Fricker, Kilpatrick, Saunders en Resnick (2006) op 4023 adolessente tussen die ouderdom van 12 tot 17 jaar, beklemtoon ook die negatiewe impak wat blootstelling aan geweld op die adolessent se ontwikkeling kan hê met spesifieke fokus op die ontwikkeling van aggressiewe gedrag, geestesversteurings en middelmisbruik.'n Verskeidenheid faktore, soos geïdentifiseer deur Bandura (1973), Barker, Dembo & Lewin (1941), Buss (1986), Freud (1963), Lorenz (1966), Moeller (2001), Singer (1971) en Wilson & Bolcher (1990), wat kan bydra tot aggressie en aggressiewe gedrag in adolessente sluit in armoede, gebroke huise, rassisme, ongelykheid, psigodinamiese probleme, 'n chemiese wanbalans, oorbevolking, seksuele vryheid en repressiewe, asook waarneming van aggressiewe of antisosiale gedrag.Al die genoemde faktore wat tot die bevordering van aggressiewe gedrag in adolessente kan bydra, is teenwoordig in die huidige situasie waarbinne die meeste Suid-Afrikaanse adolessente hulself daagliks bevind (Rademeyer, 2009).Meer as die helfte van adolessente (n=4391) tussen die ouderdom 12 tot 22 jaar wat in 2008 aan 'n nasionale studie oor jeugleefstyle deelgeneem het, is in die voorafgaande 12 maande deur 'n onderwyser of skoolhoof geklap of met 'n rottang geslaan (Rademeyer, al., 2006; Krevans & Gibbs, 1996;Pakaslahti et al., 2000;Richardson, 2005; Tremblay, 2000;Singer, 1971).Uit bogenoemde uiteensetting is dit noodsaaklik om te vra wat die rol van maatskaplikewerk-intervensie met betrekking tot adolessente se aggressiewe gedrag is, en hiermee saam, die rol van maatskaplike werk in die samelewing as geheel.Maatskaplike werk dien as 'n respons tot 'n samelewingstendens, met ander woorde dit tree in op grondvlak waar kernprobleme teenwoordig is (Wilson & Blocher, 1990).Vanuit 'n Suid-Afrikaanse konteks fokus maatskaplike werk op 'n wye verskeidenheid areas, insluitend jeug en adolessente (RSA, 2006b).Suid-Afrika, vanuit 'n maatskaplike perspektief, fokus veral op maatskaplike ontwikkeling.Binne hierdie konteks verwys maatskaplike ontwikkeling na die ontwikkeling van interaksie tussen individue, insluitend verhoudings met ander, en ook die sosialiseringsvaardighede wat benodig word om in te pas by kulture en gemeenskappe.Maatskaplike ontwikkeling stel individue in staat om hul eie behoeftes te bepaal en self besluite te maak oor aspekte wat hul lewens beïnvloed (Giddens, 2006; Harper, 1993).In hierdie verband moet die impak van gevallewerkintervensie as 'n metode van maatskaplike werk aan aggressiewe adolessente nie onderskat word nie, aangesien gevallewerkintervensie die maatskaplike werker 'n geleentheid bied om 'n individuele gespesialiseerde diens te lewer.Hierdie individuele gespesialiseerde diens is wat moontlik benodig word om adolessente se aggressie en aggressiewe gedrag effektief te bestuur (Leaver, 2007;Perlman, 1957; Thackeray, Farley & Skidmore, 1994; Van Rooyen & Combrink, 1985).Gevallewerkintervensie poog dus om die psigososiale funksionering van aggressiewe adolessente te herstel, te herskep en te versterk.Die maatskaplike werker ontwikkel gevolglik maatskaplike en persoonlike hulpbronne sodat die adolessent sy/haar aggressie en aggressiewe gedrag beter kan hanteer, om optimaal op 'n emosionele, maatskaplike, intellektuele en fisiese vlak te funksioneer.Met hierdie voorafgaande rasionaal as agtergrond, spruit die volgende vraag wat nagevors kan word, naamlik wat is die aard en omvang van maatskaplike gevallewerkintervensie aan adolessente met aggressiewe gedrag in Suid-Afrika?1.2 PROBLEEMSTELLING Dit is duidelik uit die voorafgaande uiteengesette bevindinge deur ander navorsing dat die voorkoms van aggressie onder adolessente 'n daadwerklike realiteit in Suid-Afrika is en dat Hoofstuk 2 TEORIEË OOR AGGRESSIE EN FAKTORE WAT TOT AGGRESSIEWE GEDRAG BY ADOLESSENTE AANLEIDING GEE INLEIDINGAggressie, in die konteks van hierdie studie, verwys na enige vorm van gedrag tussen adolessente met die doel om 'n ander adolessent wat gemotiveer is om dié behandeling te vermy, te beseer of skade aan te doen, insluitend op 'n emosionele, fisiese, psigiese en/of verbale vlak (Baron, 1977;Singer, 1971;Putallaz & Bierman, 2004).Die aggressiewe gedrag tussen adolessente kan deur 'n wye verskeidenheid faktore, soos byvoorbeeld egskeiding, huishoudelike geweld, middelmisbruik, groepsdruk, mediageweld, sosioekonomiese status en kulturele diversiteit veroorsaak word.Ten einde die invloed van elke faktor op aggressiewe gedrag te beskryf, sal die oorsprong van aggressie ontleed word deur die bestudering van teorieë wat die oorsprong van aggressie verken.Die teorieë sal aggressie vanuit 'n wye spektrum wetenskaplike dissiplines beskryf, onder ander sielkundige, sosiologiese en biologiese kontekste.Elke wetenskaplike dissipline ontwikkel sy eie wyse om 'n spesifieke fenomeen te beskryf.Sielkundiges neig, in die konteks van aggressiewe gedrag, om te fokus op emosies, interne spanning en frustrasie, aangeleerde gedrag en assosiasies as moontlike oorsake van aggressiewe gedrag.Sosioloë identifiseer kulturele, sosiale en demografiese faktore as moontlike oorsake.'n Bioloog, aan die ander kant, is van mening dat faktore soos genetika, evolusionêre teorieë en die sentrale senuweestelsel as oorsake van aggressie beskou kan word (Felson & Tedeschi, 1993;Miller, 2004;Craig, 2007 ).'n Wye verskeidenheid metodes kan dus gebruik word om die oorsake van aggressiewe gedrag te identifiseer.Dit sluit die bestudering van vorige navorsing en/of praktiese ondersoek deur die gebruik van onderhoude en vraelyste in.Om egter maatskaplikewerk-intervensie wat aggressiewe gedrag in adolessente in Suid-Afrika kan verminder te identifiseer, is egter naas onmoontlik, aangesien maatskaplikewerk literatuur oor die onderwerp nie bestaan nie.Die ontleding van maatskaplikewerk-intervensie (wat gedoen sal word in Hoofstuk 3), wat fokus op die hantering van aggressiewe gedrag in adolessente, kan dus nie deeglik gedoen word tensy die
Author: R. P. Kruger
Language: Dutch
Subfield: Social Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W751738560
