The micronisation of synthetic waxes
Year: 2003
Type: dissertation
Abstract: n menigte klein en stabiele was kerne te vorm.Die tegniek is bekend daarvoor om fyn, oplosmiddelvrye partikels met 'n nou partikelgrootteverspreiding te lewer.In hierdie projek is die RESS-proses ondersoek om twee Fischer-Tropsch wasse, C80 en C105, te mikroniseer.Propaan is as oplosmiddel gekies weens die verhoogde oplosbaarheid van paraffienwasse daarin vergeleke met ander konvensionele superkritiese oplosmiddels soos koolsuurgas en etaan.Poreuse skywe is as spuitstukke verkies weens die feit dat hoër vloeitempos en laer drukvalle oor hierdie spuitstukke verkry kan word.Na 'n teoretiese ondersoek is spuitstukgeometrie, asook die temperatuur, druk en konsentrasie by die spuitstukinlaat geïdentifiseer as die prosesparameters wat die partikelgrootte en -verspreiding die waarskynlikste sal beïnvloed.Daar is besluit om die spuitstukinlaatkondisies van 125 tot 160 ºC en 125 tot 180 bar te ondersoek.Waskonsentrasie tot en met 5 massa % is deur poreuse skywe met gemiddelde poriegroottes van 15, 25 en 60 µm ontspan.Klein waspartikels, met gemiddelde partikelgroottes van minder as 2 µm is in feitlik al die gevalle verkry.Die C80 waspartikels het geneig om minder glad en meer hoekig as die C105 partikels te wees.Hier word vermoed dat die hoër hoeveelheid lae
Author: Louis Koen
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Physical and Theoretical Chemistry
Field: Chemistry
Domain: Physical Sciences
Open Access status: green
Funders: National Research Foundation, Sasol
OpenAlex ID: W75414303
