Die Benutting Van Projeksietegnieke Binne Gestaltspelterapie Met Die Kind Wat Verlies Ervaar
Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: Die Here is my Herder Niks sal my ontbreek nie.Hy bring my by waters Waar daar vrede is.Hy gee my nuwe krag.Psalm 23.'n ouer wat kinders gehad het.Hierdie is 'n enkele voorbeeld uit baie ander gevalle wat daagliks in ons koerante en nuusberigte genoem word waar 'n ouer sterf en kinders agterlaat.Die behoefte aan hulp en begeleiding by kinders wat verlies beleef, dui daarop dat kinders aangewese is op volwassenes se liefde en versorging en die samelewing se emosionele ondersteuning.So benadruk Elkin (2001:187) dat kinders se hele gesinsisteem omvergewerp word wanneer hulle 'n ouer verloor.Daar word klem gelê op die feit dat kinders nie net by hulle veranderde 1 omstandighede moet aanpas nie, maar ook die verlies wat beleef word vir hulself en moet leer om 'n goed aangepaste persoon binne die samelewing te wees.Dobson (2002:82) ondersteun die siening van Elkin (2001:187) deur te verwys na die kinders in die middelkinderjare wat hulle midde-in 'n lewensfase bevind waar verlies vir hulle 'n werklikheid is.Elkin (2001:129) is van mening dat kinders in die middelkinderjare nou kan onderskei wanneer ouers foute maak en dat hulle nie so perfek is soos wat die kind vroeër gedink het nie.Die skrywer noem dat kinders in die middelkinderjare dus met die realiteit van die verskil tussen fantasie en werklikheid gekonfronteer word en die vermoë het om tussen die twee te kan onderskei.Verlies is daarom vir die kind in die middelkinderjare 'n werklikheid.Soos vroeër genoem, is Pope (2006:18) van mening dat die kinders besef dat die ouer wat die buffer was tussen hulle en die dood, nou weg is.Gevolglik word vrees ervaar saam met die gepaardgaande gevoel van verlies aan 'n ouer.Volgens Schoeman (1996:65) het projeksietegnieke soos die sandbak 'n belangrike waarde binne gestaltspelterapie.Schoeman (1996:65) gee 'n voorbeeld waar kinders gevra was om hulle familie in die sandbak te rankskik.Die kinders het die familielede dan volgens hulle keuse gerankskik.Volgens Schoeman (1996:65) verander die kind dan die werklikheid met dit wat begeer word.Die aspek van die gebruik van projeksietegnieke is belangrik aangesien dit help dat die kind die emosies wat vir hulle belangrik is isoleer en na vore bring.Wat hierdie navorsing besonders maak, is dat die navorser projeksietegnieke gebruik het om die kinders in hulle middelkinderjare wat verlies ervaar het weens die dood van 'n ouer tot uitdrukking van hulle emosies en hantering van verlies, begelei het.Die navorser het verskillende projeksietegnieke in gestaltspelterapie benut om die verliesbelewing by die kind in die middelkinderjare aan te spreek.In Hoofstuk 1 word die metodologie van die navorsing omskryf.Die navorser fokus ook op die probleemstelling, doel en doelwitte van die studie, die omskrywing van hoofbegrippe, en die uitvoerbaarheid en leemtes van die studie.Die navorser was van mening dat deur die gebruik van projeksietegnieke tydens spelterapie kinders begelei kan word om op konkrete vlak hulle verlies te hanteer en gebalanseerd deur die rouproses te werk.Hierdie mening van die navorser word ondersteun deur Bryant (2003:202) wat aandui dat kinders in hulle middelkinderjare streef na onafhanklikheid en meer as vroeër in staat is om met hulle ouers te kommunikeer en ruimte vir hulleself te skep.Verskillende samelewings ervaar dood op verskillende wyses, maar die gevoel van verlies wat ervaar word wanneer 'n geliefde sterf, word deur alle kulture gedeel.Hierdie tydperk word ook volgens die skrywers gekenmerk as 'n tyd waar vrese realiteit word en waar hulle oor hulle gedagtes, emosies en gevoelens kan gesels.Hierdie beskrywing van hoe die kind in die middelkinderjare op konkrete vlak kan dink, kan deurgetrek word na die navorser se siening dat kinders in hierdie ouderdomskategorie baat gevind het by die gebruik van projeksietegnieke, byvoorbeeld die skryf van 'n brief aan die afgestorwene.Die kinders is begelei om emosionele uitdrukking te gee aan wat hulle bang gemaak en wat hulle gelukkig gemaak het.1.3 PROBLEEMFORMULERING Hierdie studie hanteer die probleem van die kind wat verlies ervaar weens 'n ouer wat aan die dood afgestaan is.Kinders is nie altyd in staat om hulle emosies teenoor die oorblywende ouer te verwoord nie, omdat hulle nie daardie ouer nog verder wil ontstel nie.Volgens Winter (2003:50) is kinders nie altyd in staat om hulle gevoelens en emosies rondom die verlies van 'n ouer uit te druk en te hanteer nie.Kinders wat verlies ervaar, weet dus meestal nie hoe om hulle emosies toepaslik uit te druk sodat daar heling kan plaasvind nie.Die gevolg is emosionele probleme soos onttrekking en depressie.Gedragsprobleme by die skool en tuis kan ook voorkom.Die kind ervaar moontlik 'n onvoltooidheid.Kinders mag selfs gevallestudies het kinders uit die gemeenskap ingesluit wat 'n ouer of beide ouers aan die dood verloor het.Fase 3: Voorbereiding vir data-insameling.Die wyse van inligting versamel, was deur waarneming tydens semigestruktureerde onderhoude (terapeutiese intervensie) waartydens video opnames en prosesnotas geneem was.Daar is van waarneming gebruik gemaak ten opsigte van die kind wat verlies ervaar weens die dood van 'n ouer gedurende die benutting van projeksietegnieke tydens gestaltspelterapie.Fase 4: Die implementering van die besluit.Projeksietegnieke in die konteks van gestaltspelterapie is as metode gebruik om kinders te begelei deur die verlies wat hulle weens die dood van 'n ouer ervaar.Daar is op dié metode besluit na aanleiding van die bestudering van die literatuur en die waarneming van die gevallestudies binne die raamwerk van gestaltspelterapie (Fouché, 2005:84).Fase 5: Data-insameling en data-analisering: Vir die doel van hierdie studie is daar van gevallestudies gebruik gemaak.Daar is van kwalitatiewe data gebruik gemaak wat deur middel van semigestruktureerde terapeutiese intervensie ingewin is.Gevolgtrekkings en aanbevelings is vanuit die bevindings gemaak.Deur die benutting van projeksietegnieke tydens spelterapie-intervensie is die kinders begelei tot die uitdrukking van emosies rondom die dood van 'n ouer.Verskillende projeksietegnieke is aangewend om die kinders hulle emosies te laat ontdek, te ervaar en uit te druk.Daar is met die ouer(s)/voogde van die respondente iin gesprek getree ten einde die kinderrespondente se vordering ten opsigte van die uitdrukking van hulle emosies te bepaal.Volgens Fouché (2005:84) en Babbie (2008:416) is data-analise 'n proses waartydens data gekategoriseer, geklassifiseer en opgesom kan word.Volgens gedrag, en interaksie.Die navorser het daarop gefokus om kinders in die totaliteit van hulle geloof, gedrag en interaksie met hul wêreld te hanteer.Die sosiale wetenskaplike navorsing is die paradigma wat aan die vereistes voldoen.Die navorsing is ook op die gestaltperspektief gebaseer.Vanuit die perspektief van gestaltspelterapie kan die kind deur middel van spel hulself uitdruk en verwoord aangaande wat in hulle wêreld gebeur (Fouché, 2005:45).So het die navorser haar rol vertolk deur gestaltspelterapie in kombinasie met die projeksietegnieke te gebruik om kinders se wêreld deur middel van spel te betree en hulle te begelei tot uitdrukking van emosie en hantering van die verlies wat hulle weens die dood van 'n ouer ervaar.1.11 UITVOERBAARHEID VAN STUDIE Tydens die praktiese gedeelte van die MDIAC (Spelterapie) het die navorser dikwels te doen gekry met kinders wat 'n ouer aan die dood afgestaan het, of kinders wat weens egskeiding of pleegsorgplasing verlies ervaar het.Die navorser se opinie ten opsigte van die studie en vanuit haar ervaringsveld het die navorser tot die oortuiging gekom dat daar 'n behoefte bestaan wat binne die raamwerk van gestaltspelterapie nagevors en ondersoek moes word.1.11.1 Literatuurstudie Die literatuurstudie was ondersteunend ten opsigte van die formulering van die probleem deurdat die navorser oor die onderwerp kon oplees en kennis kon inwin.Dit het ook gehelp met die beplanning en uitvoering van die ondersoek wat gedoen is.Die navorser het gebruik gemaak van die hulp van 'n inligtingskundige aan die Universiteit van Suid-Afrika, mevrou T Burger, om relevante bronne oor die 13 onderwerp te bekom.Die navorser het ook die biblioteekkatalogus van die Universiteit van Pretoria gebruik om relevante bronne daar te bekom.Literatuur soos boeke, tydskrifte, artikels, verhandelings, proefskrifte en die internet is as relevante studiemateriaal gebruik vir die inwin van inligting oor die veld van studie.Inligting is bekom vanuit die sielkunde-, teologie-, maatskaplikewerk en opvoedkundevelde.1.11.2Konsultasie met kundiges Gesprek is met die volgende kundiges gevoer: Mev Isabel Venter is 'n maatskaplike werker en was tydens die navorsing aan die CMR van die NG Kerk Meyerspark in Pretoria verbonde.Die navorser het met haar in gesprek getree oor die verlies van 'n ouer in 'n kind se lewe.Een van haar rolle as maatskaplike werker van die gemeente was die berading en hulpverlening aan kinders wat 'n ouer aan die dood afgestaan het.Ds Floors Ellis is 'n predikant en was tydens die navorsing aan die NG Kerk, Meyerspark in Pretoria verbonde.Die navorser het met ds.Ellis in gesprek getree oor die aanpassing in die samelewing van die kind wat verlies van 'n ouer weens dood ervaar.Ds Ellis het in sy hoedanigheid as predikant van die betrokke gemeente dikwels met verskillende vorme van verlies te doen gekry.Mev Elmarie le Grange is die Skoolsielkundige by Silverton Laerskool in Pretoria.Daar is met haar gekonsulteer oor hoe die verlies van 'n ouer die skoolwerk van 'n kind beïnvloed.Mev le Grange het daagliks met die kind in die ouderdomskategorie ses tot twaalf jaar wat verlies ervaar te doen gehad.Onderwysers sowel as die oorblywende ouer verwys sulke kinders na haar, juis omdat die kind wat verlies ervaar, se skoolwerk daaronder ly.1.15 BEGRIPSOMSKRYWING 1.15.1 Gestaltspelterapie Die navorser beskou spelterapie as die tegniek wat die terapeut benut ter hulpverlening aan kinders tussen die ouderdomm
Language: Afrikaans
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W75752235
