Work

Characterization of transgenic sugarcane lines with perturbed pyrophosphate: fructose 6-phosphate 1-phosphotransferase (PFP) activity

Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: Pyrophosphate fructose-6-phosphate 1-phosphotransferase (PFP) is an important glycolytic enzyme and catalyses the reversible conversion of fructose-6-phosphate (Fr-6-P) and pyrophosphate (PPi) to fructose 1,6-bisphosphate (Fr-1,6-P 2 ) and inorganic phosphate (Pi).Sugarcane PFP has been inversely correlated with sucrose content across segregating F1 varieties.The down-regulation of PFP in cultivar NCo310 in a previous study led to an increase in sucrose accumulation and fibre content in immature tissue.Several potential transgenic sugarcane lines from genotypes 88H0019 and N27, transformed with the untranslatable sense sugarcane PFP-β gene, were characterized in this study.Initial screening for transgenesis was determined by slot blot and Southern blot analysis to confirm the presence of the co-transformed selectable marker npt II transgene.Northern blot analysis confirmed expression of the 1.2 kb PFP-β transcript in 7 of 9 lines analyzed.Sugar analysis using standard South African Sugarcane Research Institute (SASRI) mill room practices and HPLC was performed on 12 month old pot grown stalks divided into immature and mature tissue sections.The analysis of wild type 88H0019 showed an average sucrose content of 17.84 and 30.76 g sucrose/stalk in immature and mature tissue, respectively.However, no significant difference between the putative transgenic plant values and wild type controls was seen.PFP specific activity was determined in these tissues using enzymatic assay analysis and although levels obtained in immature tissue were between 5-18 nmol/min/mg protein, they were less than values previously reported in sugarcane.The results indicated that no down-regulation of PFP in immature tissue occurred when comparing transgenic and wild type plants.A more discrete internodal tissue sampling method was used to overcome the difficulty of detecting small changes in PFP enzyme activity in bulked stalk tissue sections.Fine analysis of PFP was conducted on specific developmental tissues and single stalks were divided into immature (internodes 1-3), maturing (internodes 4-5) and mature (internodes 7-8) regions.Sucrose analysis was performed using HPLC and PFP activity was determined enzymatically on each tissue type.The analysis of discrete developmental tissues showed specific PFP activity of 60-80 nmol/min/mg protein in young tissue, an amount which falls in the range previously obtained for sugarcane.However there was no significant difference between PFP or sucrose in the transgenic lines when compared with the wild type controls in any of the three developmental tissues examined.Western blotting and densitometric analysis of the blots confirmed the lack of PFP down-regulation in immature tissue in all lines.A final analysis of PFP iv in immature stalk tissue on selected lines was performed using quantitative PCR, which became available near the end of the study.The fold change of each transgenic line indicated that there was a minor increase in PFP confirming the lack of effect of transgenesis.Although evidence for the expression of the PFP-β transgene was seen in the northern blot, no further evidence for transgenesis could be found to support the desired effect of down-regulation of PFP.Characterization of transgenic stalks in this study was hindered by a limited number of lines available for analysis and large variability between replicate samples.Sampling techniques employed in an attempt to make use of existing standard SASRI mill room practices for sugar analysis highlighted the need for a more precise sampling method, specifically when determining the effects of an enzyme manipulation such as PFP.A refined approach has been developed which will assist researchers in the choice of analytical techniques for screening and characterization of potential transgenic lines in the future.v OPSOMMING Pirofosfaat fruktose-6-fosfaat 1-fosfotransferase (PFP) is 'n belangrike glikolitiese ensiem wat die omkeerbare reaksie tydens die omskakeling van fruktose-6-fosfaat (Fr-6-P) en pirofosfaat (PPi) na fruktose-1,6-bisfosfaat (Fr-1,6-P 2 ) en anorganiese fosfaat (Pi) kataliseer.Suikerriet PFP vlakke vertoon 'n omgekeerde korrelasie met suikerinhoud oor seggregerende F1 variëteite.'n Vorige studie het aangetoon dat die afregulering van PFP uitdrukking in die kultivar NCo310 tot 'n verhoging in sukrose akkumulasie en veselinhoud in onvolwasse weefsel gelei het.Verskeie transgeniese suikerrietlyne, wat vanaf genotipe 88H0019 en N27 getransformeer is met 'n nietransleerbare sense suikerriet PFP-β geen, is in hierdie studie gekarakteriseer.Aanvanklike bepaling van transgenese is deur middel van gleuf en Southern blot analise uitgevoer om bevestiging te kry dat die ko-getransformeerde selekteerbare merkergeen npt II teenwoordig was.Northern blot analise het die uitdrukking van die 1.2 kb PFP-β transkriptoom bevestig in 7 van die 9 lyne wat ondersoek is.Analise van suikerinhoud is uitgevoer volgens standaard SASRI meulkamer prosedures sowel as met hoëdruk vloeistof chromatografie op stamme van 12 maande oue potplante, wat verdeel is in onvolwasse en volwasse gedeeltes.Analise van die wildetipe (88H0019) het 'n gemiddelde suikerinhoud van 17.84 g sukrose per stam in die onvolwasse gedeelte teenoor 30.76 g sukrose per stam in die volwasse gedeelte aangetoon.Geen betekenisvolle verskil in suikerinhoud het tussen transgeniese lyne en die wildetipe kontroles voorgekom nie.Die spesifieke aktiwiteit van PFP is in dieselfde stamweefsel bepaal deur middel van ensiematiese analise.Die spesifieke aktiwiteit van PFP het tussen 5-18 nmol/min/mg proteïen gewissel.Hierdie aktiwiteitswaardes was laer as dié wat voorheen vir suikerriet gerapporteer is.Hierdie resultate dui daarop dat geen afregulering van PFP uitdrukking in onvolwasse stamweefsel plaasgevind het nie wanneer transgeniese en wildetipe plante met mekaar vergelyk word nie.'n Meer verfynde monsternemingsmetode is gevolg om te verseker dat klein veranderinge in PFP ensiemaktiwiteit bepaal kon word wat nie noodwendig sigbaar sou wees wanneer lang stamgedeeltes, wat uit talle litte bestaan, gebruik is nie.Analise is uitgevoer op enkelstamme wat verdeel is in onvolwasse (litte 1-3), gedeeltelik-volwasse (litte 4-5), en volwasse (litte 7-8) gedeeltes.Suikerinhoud en PFP aktiwiteit op hierdie verskillende ouderdomsgedeeltes van die stam is onderskeidelik bepaal met behulp van hoëdruk vloeistof chromatografie en ensimatiese analise.Die analise van onvolwasse stamweefsel het 'n spesifieke PFP aktiwiteit van 60-80 nmol/min/mg proteïen opgelewer wat goed ooreenstem met resultate wat voorheen vir suikerriet vi gerapporteer is.Daar was geen betekenisvolle verskil tussen PFP aktiwiteit of sukroseinhoud in die transgeniese lyne wanneer die waardes in die drie verskillende weefselgedeeltes met dié van die wildetipe kontroles vergelyk is nie.Western blot analise van die PFP proteïen, gevolg deur kwantifisering van die antiserumsein met behulp van desitometriese analise, het bevestig dat daar nie voldoende afregulering van PFP in die onvolwasse weefsels van al die suikerrietlyne wat ondersoek is plaasgevind het nie.Verdere analise van PFP in onvolwasse stamweefsel van geselekteerde lyne is uitgevoer deur gebruik te maak van kwantitatiewe polimerase ketting reaksie.Die klein veelvoudige verandering in elk van die trangeniese lyne het daarop gedui dat daar 'n klein verhoging in PFP uitdrukking was.Hierdie resultaat het die gebrek aan transgenese bevestig.Alhoewel bewyse van uitdrukking van die PFP-β transgeen aangetoon is tydens northern blot analise kon daar geen verdere bewyse van transgenese gevind word wat die gewensde effek van PFP afregulering ondersteun het nie.Die karakterisering van transgeniese suikerriet in hierdie studie was bemoeilik deur die groot mate van variasie wat voorgekom het tussen eksperimentele herhalings.Die gebruik van standaardanalise om suikerinhoud te bepaal, soos wat uitgevoer word deur die SASRI meulkamer, dui daarop dat 'n meer noukeurige analitiese metode verlang word, veral wanneer spesifieke effekte van ensiemmanipulering, soos byvoorbeeld deur PFP, bestudeer word.'n Meer verfynde metode is gedurende hierdie studie ontwikkel wat in die toekoms navorsers se keuse van analitiese metodes vir die identifisering en karakterisering van potensiële transgeniese suikerrietlyne sal vergemaklik.
Language: English
Subfield: Plant Science
Open Access status: green
OpenAlex ID: W757582551
Cites: 187
Cited by: 1
Related to: 9