Genomiese seleksie - 'n nuwe rigting in genetiese verbetering
Year: 2012
Type: article
Abstract: edert die ontwikkeling van DNS-tegnologie die afgelope twee dekades, is dit nou moontlik om die DNSfragmente wat met verskille in prestasie geassosieer word, te bepaal. Die fragmente wat deur middel van SNP-merkers geïdentifiseer word, voorsien inligting wat direk geassosieer kan word met die eienskap wat deur telers verbeter wil word. Genomiese inligting kan gebruik word om BLUP-teelwaardes meer akkuraat te voorspel. Genomiese seleksie word internasionaal reeds 'n paar jaar suksesvol toegepas in melkbeesteelt by die seleksie van bulle, en het ook potensiële toepassing in vleisbeesteelt en ander plaasvee. Hoewel die DNS in elke sel opgebou word uit 'n alfabet van biljoene molekules, bestaan die alfabet net uit vier verskillende 'letters' , naamlik A, C, G en T (Figuur 1). Verskille in DNS-letters tussen individuele diere kan gekoppel word aan verskille in prestasie, dit wil sê die variasie wat tussen diere voorkom. Hierdie verskille in die DNS staan bekend as SNP's (Single Nucleotide Polymorphisms), en word uitgespreek as 'snips' .
Institution: University of Pretoria
Language: Afrikaans
Subfield: Genetics
Domain: Life Sciences
SDG: Zero hunger
Open Access status: green
OpenAlex ID: W759102472
