The theory and practice of undergraduate nursing ethics education programs in South Africa and Namibia : a critical appraisal
Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: Die geskiedenis en ontwikkeling van verpleegetiek dui op versorging as die kernwaarde van verpleegkunde.Sedert die vroegste tye sien die gedragskodes wat deur samelewings ontwikkel word, na kwesbare lede van die gemeenskap om.Die waardestelsel van verpleegkunde in Suid-Afrika en Namibië kan teruggevoer word tot die Christen-sendelinge wat uit Engeland en Europa gekom het.Florence Nightingale word as die stigter van moderne verpleegkunde beskou en het 'n stewige etiese grondslag vir verpleegkunde gelê.Verpleegetiek onderrig het verskeie doelwitte, waaronder bevordering van die etiese insigte van verpleegkundigies en beskerming van pasiënte.Etiek onderrrig word daagliks gekonfronteer deur menige uitdagings met volgehoue pogings om hierdie uitdagings deur innovering aan te spreek.Oor die geskiedenis heen het die verpleegberoep op morele uitdagings gereageer deur etiekkodes met rigsnoere vir die verpleegpraktyk op te stel.Mettertyd het die etiek van versorging veld gewen as 'n belangrike benadering tot verpleegpraktyk.Die waardes en verpligtinge wat in die etiekkodes van sommige lande sowel as dié van die Internasionale Raad vir Verpleegkundiges vervat is, toon bepaalde gemeenskaplike beginsels en oortuigings.Hierdie etiekkodes beskryf verpleegkundiges se plig jeens pasiënte, die verpleegberoep, die samelewing, hul medewerkers én hulself as individuele verpleërs.Verpleegkundiges behoort sekere vereiste karaktereienskappe te ontwikkel.Veral Aristoteles se gedagtes oor intellektuele deugde en praktiese insig kan verpleegetiekopvoeders van 'n lewensvatbare benadering tot onderrig en leer op hul vakgebied voorsien.Tog bied hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en Namibië oënskynlik wisselende mates van voorgraadse verpleegetiekonderrig.Hierdie gebrek aan standaardisering maak dit moeilik om die werklike gehalte van verpleegetiekonderrig te bepaal.Die verpleegetiekopvoeders in Suid-Afrika en Namibië wat vir hierdie studie geraadpleeg is, maak melding van uitdagings met betrekking tot die onderrig-en leeromgewing, verpleegpraktisyns, studente en opvoeders, die Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za iv reguleringsowerhede sowel as politieke en regskwessies.Die opvoeders het ook voorstelle gemaak oor hoe hierdie uitdagings hanteer kan word.Die doeltreffende internalisering van verpleegwaardes vereis toewyding van verpleegopvoeders, -studente en -praktisyns sowel as belanghebbendes buite hoëronderwysinstellings. 'n Kritiese beoordeling van verpleegetiekonderrig in Suid-Afrika en Namibië dui op bepaalde tekorte wat regulerings-en bestuursaspekte van verpleegonderrig betref, en ook verskeie uitdagings met betrekking tot verpleegonderrig oor die algemeen en verpleegetiekonderrig in die besonder.Die verbetering van verpleegetiekonderrig vereis spesialisering deur verpleegetiekopvoeders, die standaardisering van etiekonderrig, en innoverende onderrig-en leerstrategieë, onder meer die inskerping van praktiese insig by verpleegstudente.Gesondheidsorgfasiliteite moet opgeknap word en verpleegpraktisyns en -opvoeders moet verpleegstudente doeltreffend ondersteun.Ook bestuurs-en reguleringsaspekte moet verbeter word.Die uitdagings wat in hierdie studie na vore kom, kan die hoof gebied word deur beter samewerking tussen hoëronderwysinstellings, verpleegrade en diensverskaffers.
Authors: De Villiers, Josephine Elizabeth
Language: English
Topic: Ethics in medical practice
Subfield: General Health Professions
Field: Health Professions
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
Funder: University of Namibia
OpenAlex ID: W762412727
