Work

Identifying structural barriers to antiretroviral therapy adherence

Year: 2011
Type: dissertation
Abstract: different systems operating within the patient's environment, i.e. the micro-, exo-, and macrosystem.The microsystem included both individual psychological and behavioural barriers and poverty-related barriers.Institutional barriers were considered within the exosystem of the patient's ecological environment.And the social and community-related barriers were considered within the macrosystem of the patient's ecological environment.The significance of this study lies in the identification of adherence behaviour as the product of the patient's environment through the examination of triangulated data.Future research may include effective ways in which patients can be assisted in developing the necessary skills to cope with their environment and to enhance social support.The development of strategies to support newly-enrolled patients also still needs investigation.v OPSOMMING Volgehoue antiretrovirale behandeling bly 'n onderwerp van voortdurende belang omdat dit geassosieer word met positiewe gesondheidsuitkomste onder pasiënte wat van openbare gesondheidsfasiliteite gebruik maak.Beskikbare literatuur oor volhoudings gedrag fokus grootliks op sielkundige en gedragshindernisse, terwyl veelvuldige strukturelehindernisse binne die pasiënt se omgewing steeds misgekyk word.Dié studie bied 'n unieke perspektief op volhoudingsgedrag onder MIV-positiewe pasiënte wat tans antiretrovirale terapie ontvang, aangesien dit belangrike strukturele hindernisse tot kliniek bywoning en die neem van medikasie identifiseer.Dié steekproef sluit pasiënte in wat tans antiretrovirale terapie by 'n aansteeklike siektes-kliniek by 'n peri-stedelike sekondêre hospitaal ontvang.Dit sluit ook dokters en verpleegsters in wat gesondheidsdienste aan dié pasiënte verskaf, en pasiënt-advokate wat psigo-sosiale ondersteuning aan pasiënte verskaf onder die vaandel van 'n plaaslike nieregerings organisasie.Dié deelnemers is deur middel van gerieflikheidssteekproef geselekteer om aan semi-gestruktureerde onderhoude of fokusgroepbesprekings deel te neem.Deelnemers van albei groepe is van hul anonimiteit en die vertroulikheid van die proses verseker.Beide die semi-gestruktureerde onderhoude en die fokusgroepbesprekings is digitaal opgeneem en transkripsies is daarvan gemaak, waarna die transkripsies in Atlas.tigelaai is vir tekstuele analise.Transkripsies is tematies geanaliseer volgens die persepsies van die verskeie deelnemers.Die hooftemas wat na vore gekom het, sluit in individuele hindernisse, armoedeverwante hindernisse, institusieverwante hindernisse asook sosiale en gemeenskapsverwante hindernisse.Resultate van dié studie is getrianguleer deur die verskille en ooreenkomste te vind tussen pasiënte, klinici en pasiënt-advokate oor die hoof-en subtemas.Die hooftemas is toe volgens Bronfenbrenner (1972) se Ekologiese Sistemeteorie verdeel in die verskillende vi sisteme teenwoording in die pasiënt se omgewing, naamlik die mikro-, ekso-, en makrosisteem.Die mikrosisteem het individuele sielkundige en gedragshindernisse asook die armoedeverwante hindernisse ingesluit.Institusieverwante hindernisse is binne die eksosisteem van die pasiënt se ekologiese omgewing beskou en sosiale en gemeenskapsverwante hindernisse is beskou binne die makrosisteem van die pasiënt se ekologiese omgewing.Die belang van dié studie lê in die identifisering van volhoudingsgedrag as produk van die pasiënt se omgewing, soos beskou deur die Ekologiese Sistemeteorie.Toekomstige navorsing kan fokus op effektiewe maniere waarop pasiënte bygestaan kan word om die nodige vaardighede te ontwikkel om hul omgewing beter te kan hanteer en beskikbare sosiale ondersteuning te kan verbeter.Die ontwikkeling van strategieë om nuwe pasiënte by te staan, benodig ook verdere navorsing.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W811989672
Cites: 136
Cited by: 1
Related to: 10