Exploring critical citizenship and globalization discourse to conscientize industry expectations of design education at Universities of Technology
Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: Design educators are expected to demonstrate a high level of confidence in the industry for which they are preparing students.When I reflected upon my own design industry and higher education experience while engaging with critical citizenship and globalization discourse, my confidence in and perceived authority of the design industry became challenged. OPSOMMINGDaar word van ontwerp-dosente verwag om 'n hoë vlak van vertroue te toon in die industrie waarvoor hul hul studente oplei.Terwyl ek sou meedoen aan die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering, het ek besin oor my eie ervaringe rakende die ontwerp-industrie en hoër opvoeding en sou uiteindelik my vertroue in en vermeende inspraak sover dit die ontwerp-industrie aangaan, bevraagteken.Daar is tot die besef gekom dat dit voordelig kan wees om die eise wat die neoliberale ontwerp-industrie aan ontwerp-onderrig stel, te beskou vanuit die hoek van kritiese burgerskap en globalisering.Die insigte verwerf deur middel van so 'n ondersoek kan ontwerp-opvoedkundiges betrokke by die ontwikkeling van nuwe ontwerp-programme van diens wees in hul poging om die verwagtinge gestel deur die ontwerp-industrie sensitief te verskerp.Daar word aan die hand gedoen dat so 'n sensibilisering betreffende die verwagtinge gestel deur die ontwerp-industrie haalbaar is deur te fokus daarop om ontwerp-graduandi insgelyks te sensibiliseer en wat op sy beurt die ontwerp-industrie breedvoerig sal raak.Die hoofoogmerk van die studie is om 'n konsepsuele raamwerk daar te stel welke teoretiese konsepte ondersteun wat 'n sensitiewe bewussyn kan kweek sover dit industrie-verwagtinge rakende ontwerp-onderrig aangaan.As sodanig het die hoofnavorsingsprobleem dus gevra na hoe die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering aangewend kan word om industrie-verwagtinge insake ontwerponderrig by Universiteite vir Tegnologie (UvT's) te sensibiliseer.Die oogmerk van hierdie studie is tweevoudig: om, eerstens, huidige industrie-verwagtinge rakende ontwerp-graduandi van 'n UvT in Suid-Afrika te identifiseer en, tweedens, om teoretiese konsepte rakende die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering te identifiseer wat aangewend kan word om industrie-verwagtinge rakende ontwerp-onderrig by UvT's in Suid-Afrika sensitief te verskerp.Teoretiese konsepte in die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering is geïdentifiseer deur middel van 'n literatuuroorsig; die geïdentifiseerde konsepte is naamlik aangewend om 'n konsepsuele raamwerk te ontwikkel.Die empiriese afdeling van die navorsingsontwerp het bestaan uit 'n gevallestudie wat onderhoude in die industrie, opnames onder alumni asook my eie ervaringe rakende die ontwerp-industrie as hoofbronne van data ingesluit het.Die teoretiese konsepte geïdentifiseer as deel van die literatuuroorsig rakende die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering is aangewend om struktuur te verleen aan 'n induktiewe inhoudsanalise van empiriese data versamel om moontlike teoretiese konsepte te identifiseer wat aangewend kan word om industrie-verwagtinge rakende ontwerponderrig te sensibiliseer.Die beeld wat deur hierdie navorsing geskets is, skep 'n onrusbarende beeld van 'n professie wat 'n krisis deurmaak.Ek het die dringende behoefte geïdentifiseer om toegeneentheid en deernis by te bring in ontwerp-onderrig sodat ons alumni intuïtief kan optree in gevalle waar hul menswaardigheid in die gedrang sou kom.Dit kan bereik word deur die insluiting van kritiese burgerskaps-en globaliseringsdiskoerse in die kurrikulums van ontwerp-programme by UvT's.Die teoretiese konsepte in die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering wat moontlik aangewend kan word om industrie-verwagtinge rakende ontwerponderrig by UvT's te sensibiliseer, is geïdentifiseer as: transformasie, diversiteit, rasisme, sosiale ongelykheid, visuele kultuur, burgerlike identiteit, burgerlike Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v verpligtinge, etiese verbintenisse, deelgenootskap, probleemoplossing, kritiese denke asook vaardighede met betrekking tot die inspan van die verbeelding.Daar is voorts tot die slotsom geraak dat die debat rondom die kweek van 'n sensitiewe bewussyn in die ontwerp-industrie van sodanige belang is dat dit nie beperk behoort te word tot alleen die diskoers rondom kritiese burgerskap en globalisering nie -die debat móét eenvoudig verder en meer indringend gevoer word.
Author: Herman Botes
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Mechanical Engineering
Field: Engineering
Domain: Physical Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W819079083
