Sport specific talent identification determinants and development of sprinting and long jumping ability among 10-15 year old children from underprivileged communities
Year: 2006
Type: dissertation
Study design: Clinical Trial
Abstract: Met die oog op transformasie het die African National Congress (ANC) reeds in 1994 die ontwikkeling van die voorheen benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika as 'n nasionale prioriteit ge'identifiseer.Sodoende is sport onder andere in die strategie gebruik as 'n medium om die ornstandighede van rnense in agtergeblewe gerneenskappe te probeer verbeter en te verander.Sportontwikkeling in agtergeblewe gemeenskappe is noodsaaklik as in ag geneem word dat, sonder sodanige verdere ondersteuning van hierdie kinders se sporttalent, daar nie in die behoeftes van talentvolle kinders voorsien kan word nie en sal hul potensiaal onontwikkel bly.Talentidentifisering (TID) wat op wetenskaplike beginsels geskoei is, en die eerste stap in sportontwikkeling vorm, is nog relatief nuut in Suid-Afrika.In die verlede het afrigters van eie kennis en ewaring van die eienskappe wat tot sukses in sport behoort te lei en deelname aan kompetisie gebruik gemaak om TID te doen.Tot op hede bestaan daar nog rnin navorsing oor talentidentifisering (TID) en -ontwikkeling in naellope en verspring, veral sover dit jong seuns en dogters atlete aangaan en veral wat betref atlete uit agtergeblewe gerneenskappe.Die eerste en tweede doelstellings van hierdie studie was om sportspesifieke atletiekontwikkelingsprogramme te implementeer wat op die verbetering van naelloop-en verspringvermoe gerig is en die effek daawan op die vermoens en vaardighede van talentvolle 10-tot 15-jarige dogters en seuns met talent vir naellope en verspring te bepaal.Die derde en vierde doel van hierdie studie was om te bepaal watter kinantropometriese, fisieke en motoriese komponente op 10-tot 15jarige ouderdom sodanige rol sal speel dat dit prestasievermoe in naellope en verspring by dogters en seuns op hierdie ouderdom kan voorspel.Die "Australian Talent Search" protokol is gebruik om algemene sporttalent by die ge'identifiseerde kinders (66 dogters en 62 seuns) vir die studie te identifiseer.Die talentvolle kinders uit hierdie aanvanklike groep (19 dogters en 21 seuns) is verder aan 'n sportspesifieke toetsbattery ondetwerp vir naellope en verspring.Die seuns se rypingsvlak is bepaal met behulp van 'n rypingsvraelys gebasseer op die 5 Tanner stadia.Opsomming Daar is met behulp van die Statistica en SAS rekenaaarprogramme onderskeidelik van onafhanklike t-toetsings, kovariansie analises, korrelasiekoeffisiente, effekgroottes, beskrywende statistiek sowel as 'n stapsgewyse mee~oudige regressie analise gebruik gemaak om die data met betrekking tot die bogenoemde doelwitte te ontleed.'n P-waarde kleiner as of gelyk aan 0.05 is as betekenisvol aanvaar.Uit die resultate van die studie het dit geblyk dat die ontwikkelingsprogramme bygedra het tot die verbetering van fisieke en motoriese vermoens en vaardighede wat belangrik is vir prestasie in beide naellope en verspring.Soepelheid, eksplosiewe krag, spieruithouvermoe, reaksietyd, spoed, spoeduithouvermoe, versnelling en verspring het 'n statisties betekenisvolle verbetering by die dogters getoon, tenvyl abdominale spierkrag en paslengte geen verbetering by hulle getoon het nie.Wat die seuns betref, is gevind dat die ontwikkelingsprogram statisties betekenisvol bygedra het tot 'n verbetering in soepelheid, spieruithouvermoe, 0-40 meter spoed en verspringvermoe.Daar was egter ook komponente wat nie 'n verbetering getoon het nie naamlik eksplosiewe krag, reaksietyd, spoeduithouvermoe, versnelling en paslengte.'n Stapsgewyse mee~oudige regressie analise is gebruik om die derde en vierde doelstellings te ontleed.Dit het met betrekking tot die 100 meter naelloop getoon dat 7 veranderlikes (verspring met 'n 7-pas aanloop, opstote tot en met uitputting, 7-vlak maagkrag, 0-5 meter spoed, enkeldorsifleksie, liggaamslengte, ouderdom) 'n 84.0% bydra tot die totale variansie by dogters lewer.Met betrekking tot verspring is ook 7 veranderlikes naamlik 0-100 meter spoed, liggaamlengte, 7-vlak maagkrag, opstote, enkeldorsifleksie, staande verspring en liggaamsmassa as die belangrikste bydraers tot prestasie in die item uitgewys met 'n totale bydra van 79% tot die totale variansie.Ontleding van die vierde doelstelling het by seuns aangetoon dat gemiddelde anaerobiese kraguitset, versnelling en liggaamsmassa 'n statisties betekenisvolle bydra tot prestasie in die 100 meter naelloop lewer met 'n bydra van 86.5% tot die totale variasie.Horisontale sprong, ouderdom en versnelling het 'n statisties betekenisvolle bydrae tot verspringprestasie gelewer met 'n bydra van 81.5% tot die totale variasie.Opsornrning Uit die studie is dit duidelik dat sportspesifieke ontwikkelingsprogramme suksesvol op die ouderdorn van 10-15 jaar by seuns en dogters ge'implimenteer kan word ter verbetering van naelloop en verspringvermoe, ten spyte van armoedige omstandighede en infrastruktuur.Die studie het ook aan die lig gebring dat daar spesifieke kinantropometriese, fisieke en motoriese vermoens is wat gebruik kan word om prestasie in naellope en verspring by dogters en seuns afsonderlik op die ouderdom van 10 tot 15 jaar te voorspel.
Author: A. Kruger
Institution: North-West University
Language: English
Subfield: Developmental and Educational Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
Funder: National Research Foundation
OpenAlex ID: W90359465
