Work

Pharmacokinetic herb-drug interaction study of selected traditional medicines used as complementary and alternative medicine (CAM) for HIV/AIDS

Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: ABSTRAK Inleiding Die verhoogde inname van tradisionele medisynes onder MIV/VIGS-pasiënte in sub-Sahara-Afrika verg dringend oorweging deur klinici en ander gesondheidsorgverskaffers, aangesien die veiligheid van sodanige medikasies onbekend is.Die farmakokinetiese parameters -Absorpsie, Distribusie, Metabolisme en Eliminasie (ADME)speel 'n belangrike rol by die veiligheidsevaluering van geneesmiddels, en impliseer gevolglik geneesmiddel-metaboliserende ensieme en vervoerders as kritiese indikators vir krui-geneesmiddel-interaksies (HDI).Die oogmerk van hierdie studie is om die risikopotensiaal van sewe kruiemedisynes wat algemeen deur MIV/VIGS-pasiënte geneem word, vir geneesmiddel-interaksies te evalueer deur in vitro-modelle te gebruik.In hierdie studie is die inhiberings-en induseringsuitwerkings van die kruiemedisynes op sitochroom P450's (verkort na CYP's) 1A2, 2C9, 2C19, 2D6 en 3A4, sowel as P-glikoproteïen (P-gp), ondersoek.Metodes Kruiemedisynes -Lessertia frutescens, Hypoxis hemerocallidea, Kalanchoe integra en Taraxacum officinaleis van Medico Herbs, Suid-Afrika, bekom en deur kundiges van die Compton-herbarium, by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, Kaapstad, geïdentifiseer.Moringa oleifera, Echinacea purpurea en Kalanchoe crenata is van die bewaarplek van die Nasionale Sentrum vir Natuurlike Produknavorsing (NCNPR) aan die Universiteit van Mississippi in die VSA verkry.Die omkeerbare inhiberende uitwerking van kruie-ekstrakte in water en metanol is in rekombinante CYP's geëvalueer deur die gebruik van die fluoresserende metaboliete op gespesifiseerde opwekkings-/emissiegolflengtes; CYP1A2 (3siaan-7-hidroksikumarien (CHC); 405/460 nm), CYP2C9, CYP2C19 en CYP3A4 (7-hidroksi-4-(trifluoormetiel)-kumarien (HFC); 405/535 nm) en CYP2D6 (7-hidroksi-4-(aminometiel)kumarien (HAMC); 390/460 nm).Vergelykende studies van menslikelewermikrosome (HLM) en rekombinante CYP's is uitgevoer om die inhiberende uitwerking van metanolkruie-ekstrakte en -fraksies op 6β-testosteroonhidroksileringsaktiwiteit te ondersoek.Die tydafhanklike inhiberende uitwerking (TDI) van die kruie-ekstrakte is geëvalueer deur gebruikmaking van die IC 50 -verskuiwingsvou-, die genormaliseerdeverhoudings-en die NADPH-, tyd-en Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za iv konsentrasieafhanklike benaderings.Die invloed van kruie-ekstrakte op metaboliese testosteroonverheldering is in beide HLM en menslike hepatosiete geëvalueer.Die uitwerkings van elke kruie-ekstrak op die uitdrukking van CYP1A2-, CYP3A4-en MDR1-gene is in geaktiveerde menslike pregnaan-X-reseptor(PXR)-, ko-getransfekteerde HepG2-selle geëvalueer.Laastens is die inhiberende uitwerking van kruie-ekstrakte op P-gp geëvalueer, met gebruikmaking van die kalsien-asetoksimetiel-ester (kalsien-AM)-opname en die digoksienradiogemerkte substrate in MDCKII-MDRI-selle.Resultate Die ekstrakte in water van M. oleifera, K. integra, K. crenata, E. purpurea en L. frutescens het 'n hoë risiko van in vivo-inhibering op CYP's 3A4 en 1A2 met C maks /K i >1.0 getoon.Ekstrakte van hierdie kruiemedisynes in metanol het verder potensiële risiko van omkeerbare geneesmiddelinteraksie getoon.Die ekstrakte van M. oleifera, K. crenata en L. frutescens in metanol het sterk TDI-uitwerking op CYP3A4 met IC 50 -verskuiwingsvou >1.5 en genormaliseerde verhouding <0.7 getoon.M. oleifera het intermediêre vermindering van intrinsieke testosteroonverheldering in menslike hepatosiete (2 ≤ AUC verhouding ≤ 5) tot gevolg wanneer die skaal na mense verhoog word.Ekstrakte van E. purpurea in metanol het die uitdrukking van CYP1A2-, CYP3A4-en MDR1-gene in geaktiveerde PXR opgereguleer.K.crenata en E. purpurea het sterk inhibering van P-gp getoon deur die vervoer van digoksien deur die hMDR1-MDCKII-selmonolaag van basolateraal tot apikaal met IC 50 -waardes van onderskeidelik 18.24 ± 2.52 µg/mL en 24.47 ± 4.97 µg/mL te verminder. GevolgtrekkingKruiemedisynes, veral M. oleifera, K. integra en E. purpurea, het die potensiaal om HDI in vivo te veroorsaak indien voldoende hepatiese konsentrasie by mense bereik word.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W929019161
Cites: 205
Cited by: 2
Related to: 10