A comparison of the effectiveness of the conventional and microcomputer-based mathods in kinematics
Year: 2003
Type: dissertation
Study design: Clinical Trial
Abstract: Die studie wat in hierdie verhandeling gerapporteer word, vergelyk die leerdoeltreffendheid van twee eksperimentele metodes wat gebruik kan word om kinematika-begrippe en grafieke vir Graad 11-leerders in Natuur-en Skeikunde te ondemg.Die eerste metode is die konvensionele tydtikker-eksperiment, terwyl die tweede van hetegnologie mikrorekenaargebaseerde apparaat gebruik maak.Die doelwit is om aanbevelings ter verbetering van die ondenig van kinematika-begrippe en grafieke te ma& aangesien leerders probleme hiermee ondervind (Halloun & Hestenes, 1985; McDermott et al., 1987).' n Group van 48 leerders van die Thuto-Boswa Sekondere Skool, Ventersdorp, het aan die empiriese studie deelgeneem.Hulle is in twee groepe van vergelykbare verm&ns verdeel.Groep A het met die konvensionele apparaat gewerk, terwyl die mikrorekenaargebaseerde apparaat met Groep B gebmik is.Die resultate van voor-en natoetse is statisties ontleed om die leerdoeltreffendheid van die twee metodes te vergelyk ten opsigte van uitkomste bereik, wins (gain) sowel as d-waardes.Drie maande nadat die eksperimente gedoen is, is die leerders weer getoets om die langtermynuitwerking van die metodes te bepaal.Vir beide metodes is ' n wins van ongeveer 0,2 in die voor-teenoor natoetsontledings verkry.Literatuur (hv.Thornton, 1998) het groter wins verkry met mikrorekenaargebaseerde eksperimente.Drie moontlike faktore wat kon aanleiding gee tot die verskil is ondersoek, naamlik die leerders se vertroudheid met mikrorekenaars, die opvoeder se ervaring met die gebruik van die apparaat sowel as die leerders se kulturele agtergrond en taal.Daar is gevind dat al drie hierdie faktore 'n nadelige uitwerking op die leerdoeltreffendheid gehad het, veral op die rnikrorekenaar-gebaseerde metode.Aanbevelings in verband met die ondemg van die basiese kinematika-begrippe en grafieke vir Graad 1 1-leerders in Suid-Afrikaanse sekondkre skole is gedoen.Daarby is dit beklemtoon dat opvoeders voldoende opleiding in rekenaargeletterdheid moet kry.Verder is daarop gewys dat die implementering van die rekenaar as ondemghulpmiddel die eerste stap kan wees om agtergehlewe leerders in ons land rekenaargeletterd te maak.
Language: English
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W955240629
