Work

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Year: 2012
Type: article
Abstract: In hierdie artikel enumereer ons verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), 'n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.In die besonder bepaal ons die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van orde n 10 deur inligting in bestaande, uitputtende databasisse van self-ortogonale Latynse vierkante en simmetriese Latynse vierkante met behulp van 'n boomsoektog met terugkering (Eng: backtracking) te kombineer.Ons bepaal ook die getal verskillende SOLVSOMs, SOLVSOMs in standaardvorm en transponentisomorfismeklasse van SOLVSOMs van ordes n 10 deur gebruikmaking van standaard tegnieke uit abstrakte algebra.In die proses beantwoord ons 'n 34 jaar-oue oop bestaansvraag oor SOLVSOMs van orde 10 deur aan te toon dat geen so 'n ontwerp bestaan nie.Aangesien 'n SOLVSOM van orde n in standaardvorm ekwivalent is aan 'n spelskedule vir 'n gadevermydende gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi vir n getroude pare, dui hierdie resultaat daarop dat geen so 'n toernooi vir 10 getroude pare geskeduleer kan word nie.
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W96029553
FWCI: 0.384
Cites: 10
Cited by: 1
Related to: 7