Work

Avocados: consumer beliefs and effect on weight loss and markers of cardiovascular health

Year: 2003
Type: dissertation
Study design: Clinical Trial
Abstract: kardiovaskul6re qesondheid.OPSOMMING Motivering Die doelwit van die Suid Afrikaanse Avokado Kwekers Vereniging (SAAKV) is om die aanvraag na avokado's te verhoog deur middel van advertensie, promosie of enige ander inanier wat deur die Vereniging goed gevind word.Voordat 'n produk aangemoedig en geadverteer kan word, is verbruikersnavorsing noodsaaklik om die verbruiker se houding en gevoel ten opsigte van 'n produk te bepaal.Hierdie bevindinge moet dan opgevolg word deur wetenskaplike studies, gemik op spesifieke probleme en teikengroepe, om wetenskaplike bewyse te verkry.Min verbruikersnavorsing is tot dusver op avokado's gedoen, en studies wat die gesondheidseffekte van avokado's ondersoek is beperk, en beskikbare literatuur is slegs gefokus op die cholesterol-verlagende effekte van avokado's.Doelwitte Eerstens is die doelwit om die opvattings en houding van die Suid-Afrikaanse verbruiker teenoor avokado's en gesondheid te ondersoek; om die effek van geslag, ouderdom, ras of lewenstandaard op die verbruiker se houding teenoor avokado's te bepaal.Tweedens is die doelwit om te bewys dat avokado's nie vetmakend is nie en in verslankingsdiete ingesluit kan word; om die effek van avokado's, 'n ryk bron van mono-onversadigde vetsure, as deel van 'n verslankingsdieet op gewigsverlies, serumlipiede, fibrinogeen en vaskulere funksie in oorgewig-en obese proefpersone te ondersoek.Metodes Verbruikerstudie: Een duisend nege honderd sewe en negentig Suid-Afrikaanse individue, ewekansig geselekteer uit metropolitaanse gebiede in Suid Afrika, het aan hierdie studie deelgeneem.Data is geweeg ten opsigte van geslag, ouderdom en rasseverspreiding om die volwasse metropolitaanse populasie te reflekteer.Die totale populasie (10 695 000) was verteenwoordigend van beide geslagte (5 423 000 mans en 5 272 000 vroue) en hoof rassegroepe (2 615 000 blankes, 6 252 000 swartes, 1 255 000 kleurlinge en 573 000 lndiers) van verskillende ouderdomsgroepe en lewenstandaarde.Die vraelyste, bestaande uit 17 voedselvewante vrae, is deur 'n multidissiplin6re span opgestel waarvan een oor die houding teenoor avokado's gehandel het.Opgeleide veldwerkers het persoonlike onderhoude met OPSOMMING verbruikers gevoer.Die marknavorsingsmaatskappy, MARKINOR, was gekontrakteer om die data in te samel.Kwantitatiewe data is statisties ontleed om die relevante beskrywende statistiek, oorkruis-tabellering en statistiese toetse te verkry.Dieetintewensiestudie: Een en sestig vry-lewende oorgewig vrywilligers met 'n gemiddelde (standaard afwyking) liggaamsmassa-indeks (LMI) van 32 (3.9) kglm2 het in hierdie ewekansig geselekteerde, gekontroleerde parallelle studie deelgeneem.Die proefpersone is afgepaar volgens geslag, LMI en ouderdom, en ewekansig aan twee groepe toegeken.Die eksperimentele groep het 200 g avocado (1 avocado) per dag ingeneem wat 30 g van hul dieetvet vervang het, terwyl die kontrolegroep geen avokado's tydens hul verslankingsdieet vir ses weke ingeneem het nie.Die diete was isokalories en die totale energie het bestaan uit 30% vet, 55% koolhidrate en 15% proterene.'n Sewe-dag maaltydplan is aan albei groepe gegee op grond van hul energiebehoeftes.Antropometrie, fisiese aktiwiteit, dieetinnames, bloeddruk en arteriele meegewendheid is aan die begin en einde van die studie met behulp van standaard metodes bepaal.Vastende bloedmonsters is verkry aan die begin en einde van die studie.Resultate Verbruikerstudie: Daar is geen prakties betekenisvolle verskille in die verbruikers se response ten opsigte van geslag of ouderdom gevind nie.Prakties betekenisvolle verskille is we1 tussen verskillende rassegroepe en LSM (Lewenstandaard Meting)-groepe vir sommige veranderlikes gevind.Die algehele respons van verbruikers ten opsigte van die effek van avokado's op gesondheid, gesondheid van die hart, gesondheid van kinders en die gesondheidseffekte geassosieer met die vetinhoud van avokado's was baie positief.Ongeveer die helfte van die verbruikers is nog steeds nie oortuig nie of onseker van die cholesterolinhoud van avokado's, terwyl 47% van die verbruikers nog steeds glo dat avokado's vet maak.Meer as 80% van die verbruikers stem saam dat avokado's 'n goeie bron is van vitamiene en minerale, en 76% sien avokado's as 'n goeie bron van vesel.Ongeveer 70% van die verbruikers stem saam dat avokado's goed is vir sportmanne en -vroue.Avokado's word deur 49% van die verbruikers beskou as 'n vrug wat seksuele funksionering bevorder.Dieetintewensiestudie: Die inskiklikheid van avokado-inname in die eksperimentele groep is bepaal as 94.6%.Antropometriese bepalings (liggaamsmassa, LMI en liggaamsvetpersentasie) het in albei groepe gedurende die studie betekenisvol verlaag, en die verskil was dieselfede in beide groepe.Serumlipiede (totale cholesterol, lae-digtheidslipoprote~encholesterol (LDL-C), hoedigtheidslipoprote'iencholesterol (HDL-C) en trigliseriede), fibrinogeen, bloeddruk en arteriele meegewendheid het nie betekenisvol binne of tussen die twee groepe verander nie.OPSOMMING Gevolgtrekkings Verbruikerstudie: Daar bestaan nog steeds 'n paar mites en wanopvattings by sommige verbruikers aangaande avokado's, veral ten opsigte van seksuele funksionering, cholesterolinhoud en die vetmakende eienskappe van avokado's.Die landbou-industrie kan hierdie resultate gebruik om verskillende bemarkingsveldtogte, gefokus op spesifieke teikengroepe, te beplan ten einde wanopvattings rakende avokado's te verander en die positiewe voedingswaarde van avokado's oor te dra.Dieetintewensiestudie: Die inname van 200 g avokado per dag, as deel van 'n verslankingsdieet, benadeel nie gewigsverlies wanneer dit 30 g dieetvet velvang nie.Gewigsverlies of avokado-inname het nie die serumlipiedvlakke, plasma fibrinogeen, bloeddruk of arteriele meegewendheid bei'nvloed nie.
Author: Zelda White
Language: English
Field: Nursing
Open Access status: green
OpenAlex ID: W102197846
Cites: 53
Cited by:
Related to: 10