Work

Kerkmusiek vir hedendaagse tieners

Year: 2001
Type: dissertation
Abstract: Die eng definiering van kerkmusiek staan tans in die spervuur \nvanwee: \n1. Ingrypende wendinge binne die praktiese teologie in die \nafgelope paar dekades, wat pleit om 'n hernieude ondersoek \nbinne die handelingsveld van viering (waaronder himnologie); \n2. 'n Verskuiwing in wereldbeskouing weg van modernisme na postmodernisme; \n3. Die geboorte van 'n totaal nuwe geslag adolessente, bekend \nas die 'Verlore Generasie' of 'Generasie X' . \nKerkmusiek, in die engere sin, soos dit steeds grootliks verstaan \nword, hou nie genoegsaam met hierdie tendense rekening nie. \nVandaar verloor kerkmusiek sy impak en inspraak in die leefwereld \nvan die hedendaagse tiener. Dit veroorsaak gevolglik 'n groterwordende kloof tussen adolessente en die erediens, gemeente en kerk. \nIn hierdie studie word gepoog om genoegsaam op bostaande tendense \nag te slaan, sodat 'n breer def iniering van kerkmusiek tot stand mag kom, wat ruimte vir grater verskeidenheid en aktualiteit tot gevolg sal he, en die spanning random kerkmusiek en die tiener kan probeer ontlont.
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1920439470
Cites:
Cited by: 1
Related to: 10