The British Museums Association, The Carnegie Corporation and museums in South Africa, 1932-1938: An overview
Year: 2009
Type: article
Abstract: Die Britse Museumsvereniging, die Carnegie Corporation en museums in Suid- Afrika, 1932-1938: 'n Oorsig: Dié artikel handel oor 'n ondersoek na die betrokkenheid van twee buitelandse instellings by 'n opname oor Suid-Afrikaanse museums in die 1930's. Die opname is deur die publikasie van 'n verslag en 'n museumgids gevolg in 'n tydperk waarin weinig of geen museumliteratuur in Suid-Afrika veral verskyn het. Die verslag het 'n wye verskeidenheid aspekte rakende museums gedek – van die administrasie, uitstallings, navorsing en die publiseer van navorsingsresultate, personeelsake, tot selfs taksidermie (in daardie stadium 'n belangrike aspek van museumwerk) en geboue. Een van die belangrikste aanbevelings van die verslag was dat samewerking tussen museums behoort te verbeter. Die gevolg was die stigting van die Suider-Afrikaanse Museumsvereniging in 1936. Die verslag het ook die belangrikheid van die opvoedkundige funksie van museums beklemtoon, met die gevolg dat verskeie museums hulle opvoedkundige dienste deur middel van toekennings kon uitbrei. Museumpublikasies het ook gebaat en het uiteindelik tot gevolg gehad dat 'n kommissie van ondersoek na museums deur die regering aangestel is.
Authors: E Grobler, F Pretorius
Language: English
Subfield: Museology
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2007752459
