Voluntary Surrender, Repossession and Re-Instatement in Terms of the National Credit Act 34 of 2005
Year: 2010
Type: preprint
Abstract: Verbruikersbeskerming, synde een van die vernaamse doelstellings van die Nasionale \nKredietwet 34 van 2005, is duidelik waarneembaar in vele bepalings van hierdie Wet. Dit is dus ook nie onverwags dat hierdie belangrike doelstelling ook op bestaande siviele skuldinvorderingsprosedures en verwante aangeleenthede ’n effek gehad het nie. In hierdie artikel word gepoog om die impak van die nuwe statutêr-voorgeskrewe prosedures ten aansien van vrywillige teruggawe, herinbesitneming en besitsherstel op bestaande sivielregtelike invorderingsprosedures in die besonder vas te stel. Daar word aangevoer dat die nuwe bepalings nie in die algemeen bestaande sivielprosesregtelike beginsels vervang nie, maar dit eerder uitbrei deur aan verbruikers bykomende regte te verleen. In beperkte gevalle vind daar egter wel afwykings van die algemene prosedures plaas waarvan die ingrypendste moontlik die impak op die omvang van die eis vir skadevergoeding is. Voormelde aspekte, die minimumbewerings wat in pleitstukke gemaak moet word asook die moontlikheid van interim beslaglegging van eiendom met die doel om dit veilig te bewaar en te beskerm hangende kansellasie van ’n kredietooreenkoms word derhalwe ondersoek.
Source: SSRN Electronic Journal
Author: Hermie Coetzee
Language: English
Topic: Legal Issues in South Africa
Subfield: Law
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2020956449
