Work

Critical evaluation of mentoring programmes in theological seminaries of the Evangelical Church of West Africa (ECWA)

Year: 2012
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMING Die konsep van mentorskap het die afgelope tyd substansiële aandag in die literatuur geniet, soos gesien kan word in die hoeveelheid en kwaliteit empiriese en teoretiese studies oor die onderwerp.Ons sien in die post-moderne era `n vermeerdering in die evangeliese skole wat moeite doen om hulle huidige en toekomstige leiers beter toe te rus.Dit kan nie meer aangeneem word dat inkomende seminarium studente kennis het van selfs die basiese beginsels van die Christelike geloof nie.Die doel van hierdie studie is `n poging om die impak van mentorskap in teologiese seminariums te ondersoek.Dit is so dat mentorskap programme toenemend gewilde intervensie strategieë is in baie organisasies, en alhoewel suksesvolle mentorskap verhoudings `n reeks positiewe ontwikkelingsuitkomste kan bevorder, net so kan verhoudings wat faal, lei tot geweldige skade in `n persoon se funksionering en selfbeeld.Hierdie studie ondersoek die verskeie mentorskap programme in drie ECWA (Evangelical Church Winning All formerly Evangelical Church of West Africa.Sien die gedetaileerde verduideliking in voetnota 3, Hoofstuk 1) seminariums en evalueer die impak daarvan op beide die afgestudeerdes en die mentors.Die studie ondersoek verder of mentorskap kan bydra tot die holistiese onwikkeling van seminarium studente, en watter moontlikhede daar is vir mentorskap betrokkenheid in die betrokke seminariums.Afgestudeerde studente (tussen 2011 en 2005) van die drie seminariums wat deel was van mentorskap programme tydens hulle studies, huidige fakulteitsmentors en die hoofde van die drie instellings is ingesluit as respondente.`n Kwalitatiewe benadering is gevolg, met fokusgroepe en individuele onderhoude as metodes vir data-insameling.Die empiriese bevindings van hierdie navorsing toon dat mentorskap `n belangrike rol speel in die holistiese ontwikkeling van seminarium studente in veral drie areas, naamlik spirituele formasie, karakterontwikkeling en die ontwikkeling van vaardighede vir die bediening.Dit toon verder dat `n integrasie van mentorskap in teologiese seminariums volgens bybelse terme nodig is en ook prakties moontlik is.Ten spyte van die feit dat respondente mentorskap identifiseer as bydraend tot hulle holistiese ontwikkeling as afgestudeerdes, is daar die persepsie dat mentorskap nie Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za iv effektief in die seminariums toegepas word nie.Die hoofde van die instellings asook die fakulteitsrespondente is dit ook eens dat alhoewel mentorskap plaasvind in die drie seminariums, dit leemtes toon in onder andere die tekort aan dokumentasie oor mentorskap, die tekort aan supervisie vir mentors, tekort aan behoorlike mentorskap administrasie, die tekort aan gestandardiseerde prosedures met betrekking tot mentorskap, die tekort aan behoorlike opleiding vir mentors, ens.Die studie maak verskeie aanbevelings om die effektiwiteit van mentorskap te verbeter, met spesifieke verwysing na die jeug.
Language: English
Subfield: Education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2139140071
Cites: 157
Cited by: 5
Related to: 10