Exploring identity formation in adolescents who attended a school of skills
Year: 2014
Type: article
Abstract: Identity formation is a multifaceted process that has implications for how one feels about oneself and the decisions one makes about one's future.Developmental theorists have therefore become increasingly interested in the impact of contextual factors on the development of identity formation, especially the school context.The aim of this research was to explore how adolescents who have attended a school of skills perceive their identity.In order to do this, this research made use of a basic qualitative research design that is embedded within the interpretive paradigm. OPSOMMINGIdentiteitsvorming is 'n proses met baie fasette en het baie implikasies vir hoe 'n mens oor jouself voel en hoe jy besluite oor die toekoms neem.Ontwikkelingsteoretici het dus toenemend begin belangstel in die impak van kontekstuele faktore op die ontwikkeling van identiteitsvorming, veral in die skoolkonteks.Die doel van hierdie navorsing was om ondersoek in te stel na hoe adolessente wat 'n vaardigheidskool bygewoon het hul identiteit sien.Ten einde dit te doen, is gebruik gemaak van 'n basiese kwantitatiewe ontwerp, wat interpretasieparadigma insluit.Deelnemers is doelbewus gekies en uitgenooi om aan die studie deel te neem, en vier deelnemers en hul ouers het ingewillig om deel te neem.Onderhoude is gebruik as die primêre metode van data-insameling tesame met die navorser se besinnende aantekeninge.'n Induktiewe proses van kwalitatiewe temaontleding is gebruik om die data te ontleed.'n Verskeidenheid resultate is gevind as gevolg van individue se interpretasie van ervarings in die verlede binne en buite die skoolkonteks.Die studie toon dat deelnemers wat by 'n vaardigheidskool skoolgaan 'n swak selfbeeld het.Die studie dui verder aan dat die gebrek aan ondersteuning, leiding, etikettering en uitsluiting in die hoofstroom-laerskool 'n impak gehad het op deelnemers se lae selfbeeld.Die studie wys verder ook dat die negatiewe publieke persepsie 'n negatiewe invloed het op hoe deelnemers voel oor die verwysing na en bywoning van 'n vaardigheidskool.Tog het die meeste van die deelnemers gevoel dat hul bywoning van 'n vaardigheidskool hul sin van identiteit op 'n positiewe manier beïnvloed het.Goeie verhoudings met onderwysers en 'n gevoel van behoort onder hul eweknieë het die impak van die negatiewe persepsie versag.Hoewel die deelnemers positiewer oor hulself voel, is hulle bekommerd oor hul toekomstige beroepsgeleenthede, aangesien hulle voel dat 'n vaardigheidskool nie 'n bydrae tot 'n lewensvatbare identiteit bied nie.Die bevindinge van hierdie studie sal beraders, skoolpersoneel en ouers bewus maak van identiteitskwessies in die skoolkonteks.
Author: Carmelita Jacobs
Language: English
Subfield: Developmental and Educational Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2144635685
